Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.15.14] En sien, toe deurstroom ‘n nuwe lewe vir Cahin, en die doodshonger het hom verlaat; maar in plek daarvan het die honger na lewe al hoe groter geword. Maar hy kon niks kry, wat hom onmiddelik sou versadig nie. En omdat hy niks kon vind nie, het hy hom weereens aan Ahbel gewend en gesê:

[1.15.15] “Sien, broer, ek is baie honger vir voedsel van die lewe, voedsel wat lewe in hom dra en nie die dood nie, soos die vleis van die slang en sy koue bloed! Want sien, broer, aangesien ek nou van grond af erken het wie ek is, soos ek voorheen was, en soos wat ek nou is, ondervind ek sterk berou en ‘n groot honger en ‘n brandende dors vir die goddelike Liefde en vir haar groot barmhartigheid! Want sien, ek ween sonder stem, en die berou is sonder trane by my; daarom versadig vir my met die stem van liefde, en les my groot dors met trane van berou!

Desktop Kommentaar