Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.15.12] Sien, ek is dit nie werd om te lewe nie; daarom vernietig vir my van grond af vir ewig, sodat ek voortaan vir ewig nie meer sal wees nie en my grootste, allenige skuld daarmee geblus word ter wille van al die toekomstig geseënde nasate van Adam en Eva!”

[1.15.13] En sien, toe het sy broer die swaard weer in die linkerhand geneem en het dit weereens geswaai, - maar hierdie keer oor die bors van Cahin.

[1.15.14] En sien, toe deurstroom ‘n nuwe lewe vir Cahin, en die doodshonger het hom verlaat; maar in plek daarvan het die honger na lewe al hoe groter geword. Maar hy kon niks kry, wat hom onmiddelik sou versadig nie. En omdat hy niks kon vind nie, het hy hom weereens aan Ahbel gewend en gesê:

[1.15.15] “Sien, broer, ek is baie honger vir voedsel van die lewe, voedsel wat lewe in hom dra en nie die dood nie, soos die vleis van die slang en sy koue bloed! Want sien, broer, aangesien ek nou van grond af erken het wie ek is, soos ek voorheen was, en soos wat ek nou is, ondervind ek sterk berou en ‘n groot honger en ‘n brandende dors vir die goddelike Liefde en vir haar groot barmhartigheid! Want sien, ek ween sonder stem, en die berou is sonder trane by my; daarom versadig vir my met die stem van liefde, en les my groot dors met trane van berou!

[1.15.16] Want luister en verneem: Ek, die grootste, het kleiner geword as die stof; ek, die sterkste, het swakker geword as ‘n muggie; en ek, die mees helderste een, het donkerder geword as die middelpunt van die aarde!

[1.15.17] En so staan ek nou voor jou, wat vanuit myself as ‘n klein gees gekom het en nou reeds in alles groter is, as wat ek dit destyds, toe die wêreld nog nie bestaan het nie, was, waar ek vir myself in my te groot krag gevange geneem het en het dus die swakste onder julle almal geword; want toe het die wat baie gehad het, baie verloor, die wat min gehad het, het min verloor, en ek, wat alles gehad het, het ook alles verloor, en dit alles deur my eie skuld, en die ander se baie en min ook net deur my brandende skuld.

[1.15.18] O broer Ahbel, moet nie huiwer nie, en gee vir my ‘n ete van lewensvoedsel, sodat ek die stem kan kry om te ween, en gee vir my, wat sonder seën is, iets om te drink, sodat ek nie in berou sonder trane moet versmag nie!”

[1.15.19] Toe betree Ahbel weer die vaste aarde en het liggaamlik nader na Cahin toe gegaan en vir hom gesê: “Cahin, jy die swak broer van my liggaam en seun van Adam en Eva, staan op en volg my! Ek wil vir jou terug na jou ouers en al jou broers en susters toe neem; daar sal jy in volheid vind, waarna jy so hard verlang, en jy sal versadig raak en al jou dors sal geles word.

[1.15.20] Maar wanneer jy versadig is en geles het jou brandende dors, dan dink aan die Here en Sy Liefde en Sy barmhartige genade, en dink daaraan, dat die eerste die laaste en die laaste die eerste is!

[1.15.21] En nou volg vir my met alle geduld en sagmoedigheid - en al jou sterkte sal voortaan in geduld, en al jou krag sal voortaan in sagmoedigheid verander -; en op die’ wyse sal jy voor Hom, wie se liefde oneindig is en in alle ewigheid der ewighede geen perke het nie, nog genade vind.”

Desktop Kommentaar