Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 15

[1.15.1] En sien, toe Cahin dit gedoen het, toe kom die vrome broer Ahbel agterna en praat met hom in die naam van die ewige Liefde soos volg:

[1.15.2] “O Broer, waarom eet jy die vleis van die slang, waar daar ‘n groot hoeveelheid vrugte is, om van te eet?! Sien, ons Vader Adam het van die gewas gedrink, wat hy nie geken het nie, soos dit die slang slim en agterbaks, meesterlik in haar onbeperkte boosheid tot sy en sy nasate se ondergang berei het, en het daardeur voor die Here van alle geregtigheid gesondig en julle almal deur hom; en ekself was met die las van skuld voor God belas en moes nes julle, wat almal van die sap van ondergang gedrink het, boet, en moes nes julle die paradys verlaat en moes julle liggaamlike las en al julle geestelike seën op my neem en was dus daardeur ter wille van julle dubbeld belas.

[1.15.3] En sien, jy eet selfs die vleis van die lewendige slang saam met sy bloed! Cahin, waarom het jy dit gedoen?”

[1.15.4] En sien, toe kalmeer Cahin van sy ergernis, van sy woede en van sy grimmigheid en kyk toe vir Ahbel en sê: “Sien, wat Ek gedoen het, het ek uit wraak gedoen, om die slang en sy geslag te vernietig en ook om my te vernietig, aangesien ek nooit waardig bevind was, om die seën van die Here te ontvang nie, aangesien ek geword het, soos ek is, sonder my skuld, maar deur die skuld van my ouers, wat voor my was, toe ek nog nie daar was nie, en daar ontstaan het, waar hulle voor die oë van Jehova gesondig het.

[1.15.5] Waarom moet ek dan boete doen vir my skuld, waarvoor ek nooit iets kon bygedra het nie, aangesien ek net die vrug van sonde, maar nie die oorsaak daarvan is nie - en moes derhalwe die seën, wat vir julle almal ten volle gegee was, ontbeer, en moes vir my moeisaam afsloof, en terwyl julle soos takbokke rondgespring het, was ek belas met die onverdiende vloek van Jehova?!

[1.15.6] En nou sien die oorsaak van my daad; want die slang in die gras het met my gepraat en gesê: ‘Eet vir my, en raak versadig met my vleis, en les jou dors met my bloed, en jy sal ‘n meester op aarde word, en al jou nasate sal heersers daarop word, en hulle krag en mag sal sterker wees as al die geseëndes s’n; en ek gee vir jou geen gebod nie, maar die mag, om te heers, en die krag, om alles aan jou onderdanig te maak!’

[1.15.7] En sien, so het die slang verder gepraat: ‘My vleis sal jou nie in jou onregverdige skuld voor God vernietig nie, en my bloed sal vir jou ‘n nuwe wesenlikheid sonder skuld verskaf, toegerus met alle mag en krag!’ Toe raak die slang stil, en ek het dit gegryp, verskeur en opgeëet, soos jy so pas gesien het!”

[1.15.8] En sien, toe raak Ahbel bewoë en het met die regterhand die swaard van geregtigheid oor die hoof van Cahin geswaai; en vir Cahin was die oë oopgemaak, en hy het sy groot onreg ingesien, waar hy vir God en sy ouers beskuldig het, en het al die skuld in homself raakgesien en het die onverstaanbare weë van die ewige Liefde in haar geheime en onbeperkte wysheid gesien en het gesien, hoe hy die verleidende slang self was, wat deur die onbeperkte barmhartigheid van die ewige Liefde deur hom ‘n mens geword het, sodat sy, natuurlik deur middel van ‘n groter beproewing, in die toestand van ‘n tydelike seënlose swakheid, juis van daardie swakheid moes bewus word en om hom dan in die toestand van sy bewuste swakheid, uiteindelik en deur eie oordeel in die volle vryheid van sy wese, tot die Here van alle mag en krag sal kon wend en moes, waar hy dan ook, nes die reeds geseëndes, die seën en hertoelating tot die groot genade van die allesbarmhartige Liefde en die grootste volheid van mag en krag sou ontvang het.

[1.15.9] En hy het gesien, dat hierdie slang, wat hy so pas geëet het, in sy nog bose deel hyself was, en het gesien, dat hy dit net deur sy woede in sy teruggekeerde wesenlikheid op die aarde uitgeasem het en dat die woorde van die slang sy eie was, afkomstig uit die binnenste fondament van sy oerwese, wat reeds sy bestaan gehad het nog voor die skepping van alle sigbare wêrelde en die materie.

[1.15.10] En hy het nog gesien, dat hy daardeur die slang weer in homself opgeneem het, of dat hy hom eintlik self van voor af in alle boosheid en al die valshede wat daaruit voortgaan, bevestig het, en het gesien, hoe diep hy van vooraf in die dood geval het.

[1.15.11] Toe val hy, aangegryp deur groot berou, op die aarde neer en ween en roep met ‘n harde stem: “Groot, oormagtige, oorsterk en oorheilige God! Nou erken ek vir die eerste keer my oneindige skuld en swakheid voor Jou, Jou regverdigheid, maar ook Jou onbeperkte Liefde!

[1.15.12] Sien, ek is dit nie werd om te lewe nie; daarom vernietig vir my van grond af vir ewig, sodat ek voortaan vir ewig nie meer sal wees nie en my grootste, allenige skuld daarmee geblus word ter wille van al die toekomstig geseënde nasate van Adam en Eva!”

[1.15.13] En sien, toe het sy broer die swaard weer in die linkerhand geneem en het dit weereens geswaai, - maar hierdie keer oor die bors van Cahin.

[1.15.14] En sien, toe deurstroom ‘n nuwe lewe vir Cahin, en die doodshonger het hom verlaat; maar in plek daarvan het die honger na lewe al hoe groter geword. Maar hy kon niks kry, wat hom onmiddelik sou versadig nie. En omdat hy niks kon vind nie, het hy hom weereens aan Ahbel gewend en gesê:

Desktop Kommentaar