Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.14.9] “Kinders, moet nie te vroeg juig en vrolik wees nie, maar ween en berou eers met my en met Eva die groot skuld en dink daaraan, wat ons verloor het! Daar is niks aan die aardse Paradys en aan al die besittings geleë nie; want soos ek en julle dit saam met my sien, het die Here vir ons in Sy oorgroot, onbeperkte barmhartigheid so baie teruggegee, dat ons almal die verlies van die oorvloedige gawes van die aardse Paradys maklik sou kon vergeet bo hierdie nuwe, groot, onbeperkte rykdom van Sy te groot Liefde. Maar kyk net na al die diere van die lug sowel as die van die vaste aarde, kyk vir die gras, die plante, die struike en al die boompies en groot bome en die windjie wat waai, en vra hulle almal, en luister, of julle van enige een ‘n antwoord sal kry!

[1.14.10] Ek het dit onmiddelik gedoen toe ek wakker geword het, en het vir myself oortuig dat al die dinge teenoor my stom geword het en hulle die toon van my stem nie meer verstaan nie. Die gesang van die voëls, die geluide van die diere, die gesuis van hierdie fonteintjie en al die geluide van die gras, die plante, die struike en al die boompies en bome dring aan my oor, maar hoe skrik ek daaroor en is nog steeds deur en deur verskrik, aangesien ek van al dit niks meer verstaan nie!

[1.14.11] Maar sien, ek het nie daaroor geskrik, dat hierdie verstaan van my af weggeneem is nie, maar ek het veel meer oor die oneindig groter verlies van genade van die heilige Vader oor alle kreatuur en onder alle kreatuur geskrik!

[1.14.12] Sien, alles, wat ek verloor het, dit het ook julle deur my verloor, aangesien julle gesondig het deur my en met my tot op een, wat ek nie meer waardig is, om my seun te noem nie, wat in die volheid van genade en in die volle seën, in alle mag en in alle krag rein en geregverdig voor die alsiende oë van die oorheilige en oorgoeie Vader, Sy Liefde en Sy Gees, gebly het.

[1.14.13] En dit is my liewe Ahbel, maar wat die uiters regverdige Here ook van ons af weggeneem het, aangesien ek hom nêrens met my oë kan sien nie, sekerlik, sodat ek en julle deur my moet voel, wat dit beteken, om uit die genade van die ewige Liefde in die streng geregtigheid van die Here deur die sonde van ligsinnige ongehoorsaamheid te val, in teenstelling met Sy uiters sagte wette van liefde en die maklike gebooie van genade.

[1.14.14] O kinders, behartig dit alles baie goed, wat ek nou vir julle gesê het, en probeer en oortuig julle self, of ek die waarheid voor julle gepraat het; en dan kom en oordeel self, watter tyd dit nou is, - óf ons uit groot berou moet ween en moet treur, óf ons nog iets kan vind, wat ons harte sal bly maak!

[1.14.15] Ja, my kinders, net ‘n enkele vreugde van Sy groot genade het die ewige Liefde van die heilige Vader vir ons as ‘n geskenk agter gelaat - en daaroor kan en sal ons bly wees - , en dit is die groot genade van berou en van treur self!

[1.14.16] Sien, dit is die enigste wat die Here vir ons agter gelaat het: die trane van berou en die trane van treur! Laat ons Hom daarvoor uit die diepte van ons harte dank!

[1.14.17] O, hoe gelukkig is ons tog, dat die Here vir ons nog so ryklik geseën het! Wat sou ons sonder hierdie genade wees?!

[1.14.18] Laat ons dus in die diepste gevoel van totale verwerping op die aarde val en vir solank ween en treur, totdat geen trane meer uit ons oë sal vloei nie en ons aan die Here teruggegee het, wat Syne is, en waarvoor ons geheel en al onwaardig geword het, en Hy dan met ons sal maak volgens Sy allerheiligste geregtigheid, wat Sy heilige en altyd goeie wil is en was van ewigheid af!”

[1.14.19] En sien, toe val Adam met al die ander op die aarde neer en het gedoen, soos wat hy dit deur die geringe nog terug gehoue deel van genade deur die stil en geheime barmhartigheid van die ewige Liefde in die Vader, erken het, en het saam met al die ander, bitterlik geween en getreur, behalwe vir Cahin. Hy het ook soos die ander op die aarde geval, maar sy oë het droog gebly, en hy was kwaad daaroor, dat hy nie soos al die ander kon ween nie, en hy het opgestaan en weggegaan. En soos hy by homself gestap het en voor hom op die groen bodem gekyk het, sien, toe sien hy skielik ‘n slang op die grond kruip; hy buk toe af, gryp die slang, skeur dit in stukke en het dit in woede en grimmigheid opgeëet, en maak toe die vlees van die slang sy eie.

Desktop Kommentaar