Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 14: Adam se insig en berou

[1.14.1] En sien, toe het Ahbel, deurdring van te groot vreugde oor die oorgroot genade van bo, op sy knieë geval en sê: “O, groot, oorheilige en oorgoeie liewe Vader, kyk hier vir Jou klein dienaar voor Jou in die stof, wat met die gevoel van diep onwaardigheid voor Jou die Almagtige en mees Barmhartige uit die onderste dieptes na Jou hoogste hoogtes opkyk en verneem die gepleit van ‘n kind vir genade vir sy swak ouers en vir al sy broers en susters, en moet nie die krag van my af wegneem nie, wat ‘n oorgroot geskenk van Jou aan my is, en laat dit genadiglik oor hulle uitstroom ter vergifnis van die sonde en om die lewe uit Jou weer met die noodsaaklike mag en krag terug te wen!

[1.14.2] En deur barmhartigheid en genade verander hierdie omgewing volgens Jou allerhoogste welgevalle, sodat dit vrugbaar sal word en die swakkes voedsel ter versterking van hul ledemate kan vind en om hulle brandende dors by ‘n fontein met vars water te kan les en laat ook nuttige diere, wat gehoorsaam aan hulle wil sal wees en wat vir hulle sal dien, hierheen kom.

[1.14.3] O Jy groot, oorheilige en oorgoeie liewe Vader, luister na my swak gepleit, sodat Jou heilige naam in die harte van hulle wat berou het, verheerlik sal word!”

[1.14.4] En nou sien en luister, wat gebeur het, toe die vrome Ahbel sy gebed wat vir My aangenaam was voltooi het: En sien, toe begin ‘n koel windjie oor die dorre woestyn te waai, en ligte wolke het die wye ruimtes van die hemel omhul, en dit het oor die hele woestyn begin om te reën, en te midde van die reën het ook saadkorrels van allerlei soorte in die vore wat deur die sterk reën van Jehova in die andersins dorre woestynsand gemaak is, geval. En in ‘n oomblik was die wye woestyn groen van gras, plante, struike en bome duisendvoudig, en op die plek, waar die vrome Ahbel, gekniel het en in die gees en in waarheid na My gebid het, het ‘n groot boom met wye takke en breë blare, tot byna in die wolke opgegroei en was vol behang met broodvrugte met ‘n lieflike soet smaak, en die naam ‘Bahahania’ (of ‘Versterking en lafenis vir die swakkes’, ook nog steeds by julle bekend as die ‘broodboom’) was vir hom gegee.

[1.14.5] En vanuit die ligte wolke wat van seën gedrup het, het ‘n sagte stem met die vrome Ahbel gepraat: “Ahbel, jy My liewe, seun wat vry geword het, swaai met die linkerhand die swaard oor die slapendes, en maak vir hulle wakker om te berou en ter verbetering van hulle lewenswandel voor My tot in alle toekoms, en wees vir hulle ‘n ware voorbeeld van Hom, wat eendag in die groot tyd van die tye sal kom en sê vir hulle, dat tot dan niemand meer van die wet sal vry word nie, en dat die gebooie vir almal tot dan en ook verder aan gevange sal hou, wat nie sal poog om deel te hê in die nuutgeboorte deur die Seun nie, wat sal wees die weg, die lig, die waarheid en die ewige lewe as die allenige oorwinnaar van die dood.

[1.14.6] Maar jy is vry soos ‘n engel van die lig en sal opgeneem word, nadat die beeld van die groot Aankomeling binnekort heeltemal voltooi sal word, waarvoor jy jou eers deur jou toenemende nederigheid, liefde en groot vroomheid heeltemal geskik moet maak, ten spyte van alle vervolgings en mishandelinge, wat vir jou nog deur jou broers en susters ter wille van die verheerliking van My naam sal tref.”

[1.14.7] En sien, toe staan Ahbel weereens magtig en deur en deur met krag van die aarde af op en het bokant die aarde, as teken van die ware vryheid, in die lug gesweef, en het gedoen soos dit aan hom beveel was.

[1.14.8] En sien, toe stroom nuwe lewenskragte in die slapendes, en hulle het vinnig wakker geword en het opgestaan en het na alle rigtings gekyk, en was diep bewoë van te groot verwondering oor die groot, aangename verandering van die woestyn, en wou van vreugde juig; maar toe staan Adam op, en aan sy sy ook Eva, en sê toe vir sy kinders:

[1.14.9] “Kinders, moet nie te vroeg juig en vrolik wees nie, maar ween en berou eers met my en met Eva die groot skuld en dink daaraan, wat ons verloor het! Daar is niks aan die aardse Paradys en aan al die besittings geleë nie; want soos ek en julle dit saam met my sien, het die Here vir ons in Sy oorgroot, onbeperkte barmhartigheid so baie teruggegee, dat ons almal die verlies van die oorvloedige gawes van die aardse Paradys maklik sou kon vergeet bo hierdie nuwe, groot, onbeperkte rykdom van Sy te groot Liefde. Maar kyk net na al die diere van die lug sowel as die van die vaste aarde, kyk vir die gras, die plante, die struike en al die boompies en groot bome en die windjie wat waai, en vra hulle almal, en luister, of julle van enige een ‘n antwoord sal kry!

Desktop Kommentaar