Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.13.8] En sien, in die blindheid van sy wêreldgedagtes het Adam gedoen, wat die kronkelende gewas vir hom aangeraai het terwyl hy die dag van die Here vergeet het, en hy het van die bessies geneem en geëet, en hulle was baie soet; en hy was bly oor hierdie nuwe ontdekking en het oor die Engel gepruil, omdat hy nie ook vir hom hierdie aangenaam smaakende gewas uitgewys het nie.

[1.13.9] En hy het ‘n groot aantal van die bessies gepluk en huis toe geneem, waar hy aangekom het toe die son ondergegaan het.

[1.13.10] En Eva, begelei deur Cahin, het hom as die enigstes, wat die hele dag oor hom bekommerd was, ontmoet, omdat hulle nie geweet het, waarheen Adam gegaan het nie - want al die ander het dit wel geweet en was op die dag van die Here nie oor Adam, die vader van hul liggame bekommerd nie, aangesien hulle kinders van seën was en op hierdie dag hulle gedagtes met God en Sy ewige Liefde besig gehou het -, en het dus ‘n groot deel van sy las van hom af oorgeneem. En hy het vir hulle van hierdie nuwe ontdekking vertel; en Eva was tot ‘n groot mate bly daaroor en het met Cahin se hulp, met die bessies gedoen soos wat Adam gesê het.

Desktop Kommentaar