Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.13.34] “Ahbel, kyk vir die Vader van jou liggaam; gryp hom onder die arms! En kyk vir sy vrou, Eva, die moeder van jou liggaam, wat in smart op die aarde lê, en tel haar op, sodat hulle altwee en al die ander deur jou versterk word om te vlug en die goeie, heilige Vader vreugde aan jou het, omdat jy aan die swak vader van jou liggaam, en so ook aan jou swak moeder, en so ook aan al jou broeders en susters, of hulle geseën is of nie, liefde betoon; want jou krag sal hulle versterk, en die volheid van seën in jou sal hulle verkwik! Neem dus die hand van kinderlike liefde en die hand van broederlike trou en lei hulle met geduld en liefde tot by die plek, wat Ek vir jou sal aanwys, daardeur dat julle almal uitgeput sal neerval!

[1.13.35] Bly daar en laat rus al die wat moeg is; en jy, kry jou gedagtes voor My bymekaar, sodat Ek vir jou in ‘n groot maat kragte kan verleen, om jou ouers volgens die hoeveelheid soos hulle dit benodig en volgens hulle opnamevermoë te versterk en ter versterking van jou broers en susters volgens hulle behoefte en volgens hulle opnamevermoë. En nou doen, wat Ek vir jou beveel het, uit liefde vir hulle en uit gehoorsaamheid teenoor My!”

[1.13.36] En sien, toe was die vrome Ahbel van ‘n groot barmhartigheidsliefde deurdring, het op sy knieë gegaan en het opgelos in trane vir God uit die diepte van sy hart gedank, en het, versterk van bo, die hande van sy swak ouers gegryp en het met groot liefde gedoen, wat die Here hom beveel het.

[1.13.37] En toe Adam sien dat sy seun vir hom en ook vir sy moeder help, so ook vir al die ander, toe is Adam ontroer en sê: “O, jy my liewe seun, wat gekom het, om vir my uit hierdie groot nood te help, ontvang dan ook my seën as dank en as troos van jou swak vader en jou swak moeder!

[1.13.38] En dank ook jy in my plek en in plek van ons almal vir die Here, aangesien jy nog vir die liefde van die heilige Vader waardig is, terwyl ons vir onsself onwaardig gemaak het, om Sy allerheiligste naam uit te spreek!

[1.13.39] Laat ons dan nou volgens die wil van die Here vlug!”

[1.13.40] En sien, toe swaai die Engel die swaard van geregtigheid, en hulle het almal met vinnige treë vir dae en nagte aaneen sonder om te rus en sonder om te stop, gevlug.

[1.13.41] En op die’ wyse het hulle in die reeds genoemde land gekom, waar die son reg bokant hulle gestaan het en dit baie warm was; en daar was op die bodem rondom hulle tot in die wye vertes, geen gras te siene nie, en ook geen boom en geen struik nie. En sien, toe sink Adam en Eva met die ander uitgeput en moeg in die warm stof op die aarde neer en het, gedruk van die mag van ‘n verdowende slaap, hulle oë gesluit en het soos bewusteloos geslaap, gevange deur die strik van swakheid in ongenade.

[1.13.42] En sien, toe tree die Engel van die Here, wat hulle tot nou toe sigbaar gevolg het, na Ahbel, wat deur die mag en krag van bo, in volle krag daar gestaan het en sê:

[1.13.43] “Ahbel, sien, van alle offers, wat jy in alle reinheid van jou gemoed aan die Here van heiligheid opgedra het, was daar nie een groter as hierdie een en geen een was vir Hom meer welgevalle nie! Daarom neem volgens die wil van bo, hierdie swaard van geregtigheid uit die hand van jou broer van bo - want sien, op die wyse is ons kinders van een en dieselfde heilige Vader -, en doen en regeer daarmee volgens jou mag van wysheid en volgens die krag van liefde, ten beste oor jou familielede, en ontsteek in hulle die verswakkende krag van die lewe, en maak van vooraf ontbrand die liefde vir die Liefde van die heilige Vader, en maak brand die vlam van die geregverdigde vrees vir God in hulle harte! Maar ek sal nie vir jou verlaat nie, maar onsigbaar en, wanneer jy wil, ook sigbaar aan die geliefde sy van my broer staan, altyd bereid, om vir jou volgens die wil van die Here te dien.

[1.13.44] Want sien, die oorhandiging van die swaard beteken die volle vryheid, net soos wat ek dit het, en op die’ manier het die wil van die Here jou eie geword en het vir jou bo al die wette geplaas en het die gebooie jou eiendom gemaak, en nou is jy, nes ek, ‘n onsterflike seun van die Liefde van die heilige Vader in die skoon ryk van lig van die vrye geeste!

[1.13.45] En doen volgens jou liefde en jou wysheid aan jou ouers en broers en susters van jou liggaam!”

Desktop Kommentaar