Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.13.20] Toe Ahbel die drumpel betree het, het hy oor die groot ongeluk, wat nou sy familie sou en sal tref, begin om te ween.

[1.13.21] Toe sê die Engel met ‘n sagte stem vir hom: “Moet nie ween nie, Ahbel, jy seën vervulde seun van genade en doen, wat ek vir jou uit die ewige Liefde, wat deur my mond praat, beveel het, en moet nie oor die donderslag woorde, wat oor hierdie slapende sondaars sal volg, skrik nie!”

[1.13.22] En Ahbel het gedoen, soos die Engel vir hom beveel het; en toe hulle naby sy familielede was, het die Engel met ‘n donderslagstem vreeslik ernstige woorde van skrik en groot angs oor die sondaars wat nou wakker geword, uitgespreek, en het met groot krag en mag geroep:

[1.13.23] “Adam, staan op, dink aan jou skuld en vlug van hier af; want jy kan voortaan nie meer hier bly nie! Want jy het deur jou skuld die Paradys vir jou en al jou nasate tot die groot tyd van tye verloor en so ook ‘n groot gedeelte van die geskenke, aangesien jy die dag van die Here vergeet het en vir jou met die sap van ‘n gewas bedwelm het, wat ‘n meesterstuk van die slang was, en uitgedink was, om jou vryheid te vang, om jou voete te verstrik en om jou sintuie te verwar, om vir God te vergeet en om vir jou in growwe sonde aan die slaap te maak.

[1.13.24] So vlug nou, uit die aangesig van die Liefde, waarheen jy wil! En orals, waarheen jy sal vlug, sal jy in oormaat die regverdige toorn van God raakloop; maar die aandeel van liefde sal vir jou net in klein porsies toegedeel word!”

[1.13.25] En sien, toe het Adam saam met Eva en al die ander, wat daar geslaap het as gevolg van die verdowende drank van die gewas van die slang, van die aarde af opgestaan en daardeur alles verloor het behalwe Ahbel, wat daar nugter gebly het, aangesien hy nie van die drank van verdowing gedrink het nie en aan die dag van die Here getrou gebly het (NB. soos ook julle as ware kinders van ‘n sodanig heilige en goeie Vader, soos wat Ek dit is, bestendig aan die heilige rus van die Sabbat as die ware dag van die Here, wat Ek dit is, moet dink en moet op ‘n Sondag doen, wat aan julle opgedra is).

[1.13.26] En toe Adam vir die Engel sien, het hy saam met sy familielede groot geskrik, sodat hy nie kon praat nie en nie een enkele woord as verskoning kon uitbring nie en was van te groot skrik verlam; want nou eers het hy begin om te gewaar, wat hy en al sy familielede voor die aangesig van Jehova gedoen het.

[1.13.27] Toe het hy op sy aangesig voor die Engel van die Here neergeval en het geween en het begin om hardop vir genade te pleit; want die vlammende swaard het vir hom die oë oopgemaak, en hy het in die gruwellig van geregtigheid en straf die volle las en omvang van die onbeskryflike ongeluk, waarin hy homself en al sy familielede deur sy ligsinnigheid gedompel het, waargeneem.

[1.13.28] Maar die Engel het met toegebinde oë en toegestopte ore daar gestaan, soos die Liefde van die Vader dit vir hom beveel het, en het harder as al die donderslae vanuit die mag en krag van Jehova gepraat:

[1.13.29] “In die geregtigheid is daar geen genade en in die oordeel is daar geen vryheid nie; daarom vlug, gedryf deur die geregtigheid wat straf, sodat die oordeel van Jehova nie jou trae voete sal inhaal nie! Want die straf is die loon van geregtigheid. Wie dit aanneem, soos hy dit verdien het, kan nog op barmhartigheid reken; maar wie vir die geregtigheid en sy gevolge teenstand bied, is ‘n verraaier van die onaantasbare heiligheid van God en sal onder die oordeel geplaas word, waar daar geen vryheid meer is nie, maar daar net die ewige gevangenis in die toorn van die Godheid is.

[1.13.30] Daarom vlug en ween en pleit daar, waarheen jou voete jou sal dra; en wanneer hulle vir jou nie meer verder kan dra nie, bly daar, ween, pleit en bid, sodat jy en Eva en almal deur jou, nie ten gronde sal gaan nie!”

[1.13.31] En sien, toe staan Adam weer op en wou volgens die opdrag van God deur die Engel vlug; maar sien, hy kon nie, want sy voete was soos verlam. En hy het begin, om aan sy hele lyf te sidder en te bewe; want hy was deur die groot vrees vir die oordeel van God vermaan, waarmee die Engel van die Here vir hom gedreig het.

[1.13.32] Toe het Adam weer op sy aangesig neergeval en het baie hardop geween en geskreeu: “Here, Jy almagtige, groot God in Jou groot glorie en alle heiligheid, moet nie heeltemal die hart van jou onbeperkte liefde en barmhartigheid vir my swakkeling sluit nie, en gee vir my die nodige krag, sodat ek, die mees onwaardige, vir jou oordeel volgens Jou allerheiligste wil, aan wie al jou skepsels onderdanig is, soos ek, van kop tot tone, een is, kan vlug. Here, luister na my gepleit!”

[1.13.33] En sien, toe spreek die ewige Liefde deur die mond van die Engel, soos wat Ek nou deur jou onrein mond, na Ahbel praat:

[1.13.34] “Ahbel, kyk vir die Vader van jou liggaam; gryp hom onder die arms! En kyk vir sy vrou, Eva, die moeder van jou liggaam, wat in smart op die aarde lê, en tel haar op, sodat hulle altwee en al die ander deur jou versterk word om te vlug en die goeie, heilige Vader vreugde aan jou het, omdat jy aan die swak vader van jou liggaam, en so ook aan jou swak moeder, en so ook aan al jou broeders en susters, of hulle geseën is of nie, liefde betoon; want jou krag sal hulle versterk, en die volheid van seën in jou sal hulle verkwik! Neem dus die hand van kinderlike liefde en die hand van broederlike trou en lei hulle met geduld en liefde tot by die plek, wat Ek vir jou sal aanwys, daardeur dat julle almal uitgeput sal neerval!

[1.13.35] Bly daar en laat rus al die wat moeg is; en jy, kry jou gedagtes voor My bymekaar, sodat Ek vir jou in ‘n groot maat kragte kan verleen, om jou ouers volgens die hoeveelheid soos hulle dit benodig en volgens hulle opnamevermoë te versterk en ter versterking van jou broers en susters volgens hulle behoefte en volgens hulle opnamevermoë. En nou doen, wat Ek vir jou beveel het, uit liefde vir hulle en uit gehoorsaamheid teenoor My!”

[1.13.36] En sien, toe was die vrome Ahbel van ‘n groot barmhartigheidsliefde deurdring, het op sy knieë gegaan en het opgelos in trane vir God uit die diepte van sy hart gedank, en het, versterk van bo, die hande van sy swak ouers gegryp en het met groot liefde gedoen, wat die Here hom beveel het.

[1.13.37] En toe Adam sien dat sy seun vir hom en ook vir sy moeder help, so ook vir al die ander, toe is Adam ontroer en sê: “O, jy my liewe seun, wat gekom het, om vir my uit hierdie groot nood te help, ontvang dan ook my seën as dank en as troos van jou swak vader en jou swak moeder!

[1.13.38] En dank ook jy in my plek en in plek van ons almal vir die Here, aangesien jy nog vir die liefde van die heilige Vader waardig is, terwyl ons vir onsself onwaardig gemaak het, om Sy allerheiligste naam uit te spreek!

[1.13.39] Laat ons dan nou volgens die wil van die Here vlug!”

[1.13.40] En sien, toe swaai die Engel die swaard van geregtigheid, en hulle het almal met vinnige treë vir dae en nagte aaneen sonder om te rus en sonder om te stop, gevlug.

[1.13.41] En op die’ wyse het hulle in die reeds genoemde land gekom, waar die son reg bokant hulle gestaan het en dit baie warm was; en daar was op die bodem rondom hulle tot in die wye vertes, geen gras te siene nie, en ook geen boom en geen struik nie. En sien, toe sink Adam en Eva met die ander uitgeput en moeg in die warm stof op die aarde neer en het, gedruk van die mag van ‘n verdowende slaap, hulle oë gesluit en het soos bewusteloos geslaap, gevange deur die strik van swakheid in ongenade.

[1.13.42] En sien, toe tree die Engel van die Here, wat hulle tot nou toe sigbaar gevolg het, na Ahbel, wat deur die mag en krag van bo, in volle krag daar gestaan het en sê:

[1.13.43] “Ahbel, sien, van alle offers, wat jy in alle reinheid van jou gemoed aan die Here van heiligheid opgedra het, was daar nie een groter as hierdie een en geen een was vir Hom meer welgevalle nie! Daarom neem volgens die wil van bo, hierdie swaard van geregtigheid uit die hand van jou broer van bo - want sien, op die wyse is ons kinders van een en dieselfde heilige Vader -, en doen en regeer daarmee volgens jou mag van wysheid en volgens die krag van liefde, ten beste oor jou familielede, en ontsteek in hulle die verswakkende krag van die lewe, en maak van vooraf ontbrand die liefde vir die Liefde van die heilige Vader, en maak brand die vlam van die geregverdigde vrees vir God in hulle harte! Maar ek sal nie vir jou verlaat nie, maar onsigbaar en, wanneer jy wil, ook sigbaar aan die geliefde sy van my broer staan, altyd bereid, om vir jou volgens die wil van die Here te dien.

[1.13.44] Want sien, die oorhandiging van die swaard beteken die volle vryheid, net soos wat ek dit het, en op die’ manier het die wil van die Here jou eie geword en het vir jou bo al die wette geplaas en het die gebooie jou eiendom gemaak, en nou is jy, nes ek, ‘n onsterflike seun van die Liefde van die heilige Vader in die skoon ryk van lig van die vrye geeste!

[1.13.45] En doen volgens jou liefde en jou wysheid aan jou ouers en broers en susters van jou liggaam!”

Desktop Kommentaar