Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 13: Die verdrywing uit die Paradys

[1.13.1] En nou keer weer terug na Adam en na Eva, en sien, hoe hulle verdere liggaamlike lewens en die van hulle twee nasate voor die alsiende oë van die heiligheid van Jehova verloop het! En sien, na ‘n kort tyd, wat volgens julle berekening dertig aardomwentelings om die son beloop het, en wat julle ‘jare’ noem, het die paartjie in die kring van sy geseënde nasate gelewe, waarvan die aantal dieselfde was as die aantal jare, met uitsondering van Cahin, wat nie geseën was nie.

[1.13.2] En nou sien verder, wat daar gebeur het! Adam het op die dag van die Here, wat aan hom in sy hart deur die ewige Liefde Self en daarna veelvoudig deur die Engel as ‘n rusdag beveel was, ter gedagtenis aan die groot dade van die barmhartige Liefde en ter beskouing in eerbied die onmeetbare heiligheid van God, die goeie Vader, alleen ‘n entjie in die omgewing gaan stap, om die skoonheid van die natuur te geniet; en die wêreld was baie mooi vir hom, sodanig dat hy in sy gedagtes heeltemal van God vergeet het.

[1.13.3] En met hierdie beskouinge het hy aan die oewer van ‘n groot rivier gekom, waarvan die naam ‘Eheura’ of ‘Dink aan die tyd van Jehova!’ was - want dit was wat die sterk stroom uitgeroep het -; maar Adam, diep in gedagtes oor die wêreld, het dit nie opgemerk nie en het ook nie die betekenis van hierdie roepstem van die malende vloede van die rivier verstaan nie.

[1.13.4] En toe hy op die’ manier langs die oewer gestap het, het hy skielik met die linkervoet aan ‘n gewas wat eers bo die grond en dan in ‘n groot boom verstrengel was, vasgehaak, en hy het hard geval en het ‘n groot pyn aan sy lyf gevoel, wat vir hom ‘n nuwe ondervinding was; en hy was kwaad vir die gewas en het dit gevra, of dit dan nie sy meester ken nie.

[1.13.5] En die gewas het geantwoord: “Nee, ek ken jou nie!”

[1.13.6] Toe kyk Adam meer noukeurig vir die gewas en het dit nie herken nie. Toe vra hy weereens: “Wat is jou naam, en wat is jou geskiktheid?”

[1.13.7] En sien, ‘n wind het deur die blare gesuis, en die gesuis kon hy verstaan en het gesê: “Pluk die bessies van my takke, druk die sap uit, en drink daarvan, en my naam en my geskiktheid sal aan jou bekend word!”

[1.13.8] En sien, in die blindheid van sy wêreldgedagtes het Adam gedoen, wat die kronkelende gewas vir hom aangeraai het terwyl hy die dag van die Here vergeet het, en hy het van die bessies geneem en geëet, en hulle was baie soet; en hy was bly oor hierdie nuwe ontdekking en het oor die Engel gepruil, omdat hy nie ook vir hom hierdie aangenaam smaakende gewas uitgewys het nie.

Desktop Kommentaar