Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 13: Die verdrywing uit die Paradys

[1.13.1] En nou keer weer terug na Adam en na Eva, en sien, hoe hulle verdere liggaamlike lewens en die van hulle twee nasate voor die alsiende oë van die heiligheid van Jehova verloop het! En sien, na ‘n kort tyd, wat volgens julle berekening dertig aardomwentelings om die son beloop het, en wat julle ‘jare’ noem, het die paartjie in die kring van sy geseënde nasate gelewe, waarvan die aantal dieselfde was as die aantal jare, met uitsondering van Cahin, wat nie geseën was nie.

[1.13.2] En nou sien verder, wat daar gebeur het! Adam het op die dag van die Here, wat aan hom in sy hart deur die ewige Liefde Self en daarna veelvoudig deur die Engel as ‘n rusdag beveel was, ter gedagtenis aan die groot dade van die barmhartige Liefde en ter beskouing in eerbied die onmeetbare heiligheid van God, die goeie Vader, alleen ‘n entjie in die omgewing gaan stap, om die skoonheid van die natuur te geniet; en die wêreld was baie mooi vir hom, sodanig dat hy in sy gedagtes heeltemal van God vergeet het.

[1.13.3] En met hierdie beskouinge het hy aan die oewer van ‘n groot rivier gekom, waarvan die naam ‘Eheura’ of ‘Dink aan die tyd van Jehova!’ was - want dit was wat die sterk stroom uitgeroep het -; maar Adam, diep in gedagtes oor die wêreld, het dit nie opgemerk nie en het ook nie die betekenis van hierdie roepstem van die malende vloede van die rivier verstaan nie.

[1.13.4] En toe hy op die’ manier langs die oewer gestap het, het hy skielik met die linkervoet aan ‘n gewas wat eers bo die grond en dan in ‘n groot boom verstrengel was, vasgehaak, en hy het hard geval en het ‘n groot pyn aan sy lyf gevoel, wat vir hom ‘n nuwe ondervinding was; en hy was kwaad vir die gewas en het dit gevra, of dit dan nie sy meester ken nie.

[1.13.5] En die gewas het geantwoord: “Nee, ek ken jou nie!”

[1.13.6] Toe kyk Adam meer noukeurig vir die gewas en het dit nie herken nie. Toe vra hy weereens: “Wat is jou naam, en wat is jou geskiktheid?”

[1.13.7] En sien, ‘n wind het deur die blare gesuis, en die gesuis kon hy verstaan en het gesê: “Pluk die bessies van my takke, druk die sap uit, en drink daarvan, en my naam en my geskiktheid sal aan jou bekend word!”

[1.13.8] En sien, in die blindheid van sy wêreldgedagtes het Adam gedoen, wat die kronkelende gewas vir hom aangeraai het terwyl hy die dag van die Here vergeet het, en hy het van die bessies geneem en geëet, en hulle was baie soet; en hy was bly oor hierdie nuwe ontdekking en het oor die Engel gepruil, omdat hy nie ook vir hom hierdie aangenaam smaakende gewas uitgewys het nie.

[1.13.9] En hy het ‘n groot aantal van die bessies gepluk en huis toe geneem, waar hy aangekom het toe die son ondergegaan het.

[1.13.10] En Eva, begelei deur Cahin, het hom as die enigstes, wat die hele dag oor hom bekommerd was, ontmoet, omdat hulle nie geweet het, waarheen Adam gegaan het nie - want al die ander het dit wel geweet en was op die dag van die Here nie oor Adam, die vader van hul liggame bekommerd nie, aangesien hulle kinders van seën was en op hierdie dag hulle gedagtes met God en Sy ewige Liefde besig gehou het -, en het dus ‘n groot deel van sy las van hom af oorgeneem. En hy het vir hulle van hierdie nuwe ontdekking vertel; en Eva was tot ‘n groot mate bly daaroor en het met Cahin se hulp, met die bessies gedoen soos wat Adam gesê het.

[1.13.11] Toe neem Adam die uitgeperste sap en sê: “Laat ons dus sy naam en sy geskiktheid uitvind!”

[1.13.12] En sien, toe het hy in volle trekke van die sap gedrink en het dit dan vir Eva en vir Cahin en uiteindelik vir almal behalwe vir Ahbel gegee om te proe, want hy was nog nie teenwoordig nie, aangesien die vuur op die altaar, wat hy opgerig het, nog gebrand het, om ‘n offer aan die heiligheid en die liefde van Jehova te bring, wat vir die Here aangenaam was.

[1.13.13] En toe het Adam en Eva en almal, wat van die sap gedrink het bedwelmd geraak; en onder die’ invloed het Adam en Eva en almal uit Adam en Eva wild in die begeerte van die vlees ontbrand, en het saam met Adam en Eva ontug en hoerery gedryf, terwyl Ahbel by die altaar van Jehova gebid het.

[1.13.14] En toe hulle onder die invloed uitgehoer het en van God en die altyd vooraf aangewese en verskuldigde offer van hulle harte vergeet het, het die Engel met die vlammende swaard in sy regter hand eers aan Ahbel verskyn en het baie vriendelik vir hom gesê:

[1.13.15] “Jehova het ‘n groot welgevalle aan jou offer gehad, sodanig, dat Hy vir jou as redder van jou ouers en broers en susters uitverkies het, daarsonder hulle nou op die dag van die Here ten gronde sou gaan, aangesien hulle Hom vergeet het en hul gemoedere tot op die aarde laat sink het en kon nie deel hê in die seën nie, wat altyd op hierdie dag volgens die vasgestelde orde van bo, in alle ruimtes van die oneindigheid uitstroom!

[1.13.16] Daarom het ek sigbaar teruggekeer, vereers om jou offer in hierdie houer van die barmhartige genade, wat daar is die ewige Seun in die Vader, op te neem, en het dit voor Sy allerheiligste aangesig, die oogappel van die ewige Vader, geplaas, maar ook om die oortreders van die wet van liefde en die gebooie van die heilige genade te tugtig en om ‘n groot deel van die geskenke van hulle af weg te neem, en om hulle met blindheid te slaan en om hulle uit die Paradys te verdryf.

[1.13.17] Verlaat nou jou offeraltaar en gaan staan aan my linkerkant, sodat die tugtigende regterhand vir die oortreders oop bly, en volg vir my na die woning van sonde! En wanneer ek die slapende sondaars uit die dronkenskap van hoerery wakker gemaak het en hulle, vreesbevange, voor die swaard van geregtigheid sal vlug, dan moet jy vir hulle as ‘n medevlugteling volg en moet vir jou ouers van jou liggaam ‘n klein deel van die verlore geskenk agterna dra en dit vir hulle as versterking gee daar, in ‘n land ver hiervandaan waar hulle moeg en uitgeput weenend op die aarde sal neersak, die land wat ‘Ehuchil’ of ‘Land van toevlug’ genoem word. En in daardie land moet jy ook ‘n offeraltaar oprig net soos hierdie een, wat voortaan sal brand, ook onder die waters, en wat eendag oor die aarde sal kom, en in ‘n berg, wat nie deur ‘n sterflike voet geklim sal word nie, sal verander, tot die groot tyd van die tye, waar dit sy hoof sal laat sak na die laagtes, wat daar sal heet ‘Bethlehem’ of die stad van die groot Koning, en wat eendag die grootste op aarde sal word; want sy lig sal helderder skyn as die lig van alle songeeste der geeste. En op hierdie nuwe altaar moet jy jou dankoffer aan die Here bring, vanuit alle ryke op aarde in hierdie land van toevlug, sodat dit deur die sondaars geniet kan word en diegene wat berou het kan versterk en diegene wat treur kan troos!”

[1.13.18] En toe die Engel sy toespraak aan Ahbel voltooi het, het hulle opgestaan en met ernstige treë na die woning van Adam gegaan, wat volgens sy mag en krag in ‘n ronde en baie ruimtelike vorm uit dig langs mekaar vrylik uit die aarde groeiende groot sederbome - in vorm soortgelyk aan die tempel van Salomo - bestaan het, en nie ver vanaf die grot van berou en die doringbos van treur geleë was, en twee ingange gehad het, een teen die môre en ‘n wye een teen die aand.

[1.13.19] En sien, dit was in die middel van die nag - en as gevolg van die dag van die Here, durf dit nie vroeër plaasgevind het nie -, het die Engel van die Here met Ahbel die drumpel van die oggend se kant af betree.

[1.13.20] Toe Ahbel die drumpel betree het, het hy oor die groot ongeluk, wat nou sy familie sou en sal tref, begin om te ween.

[1.13.21] Toe sê die Engel met ‘n sagte stem vir hom: “Moet nie ween nie, Ahbel, jy seën vervulde seun van genade en doen, wat ek vir jou uit die ewige Liefde, wat deur my mond praat, beveel het, en moet nie oor die donderslag woorde, wat oor hierdie slapende sondaars sal volg, skrik nie!”

[1.13.22] En Ahbel het gedoen, soos die Engel vir hom beveel het; en toe hulle naby sy familielede was, het die Engel met ‘n donderslagstem vreeslik ernstige woorde van skrik en groot angs oor die sondaars wat nou wakker geword, uitgespreek, en het met groot krag en mag geroep:

[1.13.23] “Adam, staan op, dink aan jou skuld en vlug van hier af; want jy kan voortaan nie meer hier bly nie! Want jy het deur jou skuld die Paradys vir jou en al jou nasate tot die groot tyd van tye verloor en so ook ‘n groot gedeelte van die geskenke, aangesien jy die dag van die Here vergeet het en vir jou met die sap van ‘n gewas bedwelm het, wat ‘n meesterstuk van die slang was, en uitgedink was, om jou vryheid te vang, om jou voete te verstrik en om jou sintuie te verwar, om vir God te vergeet en om vir jou in growwe sonde aan die slaap te maak.

[1.13.24] So vlug nou, uit die aangesig van die Liefde, waarheen jy wil! En orals, waarheen jy sal vlug, sal jy in oormaat die regverdige toorn van God raakloop; maar die aandeel van liefde sal vir jou net in klein porsies toegedeel word!”

[1.13.25] En sien, toe het Adam saam met Eva en al die ander, wat daar geslaap het as gevolg van die verdowende drank van die gewas van die slang, van die aarde af opgestaan en daardeur alles verloor het behalwe Ahbel, wat daar nugter gebly het, aangesien hy nie van die drank van verdowing gedrink het nie en aan die dag van die Here getrou gebly het (NB. soos ook julle as ware kinders van ‘n sodanig heilige en goeie Vader, soos wat Ek dit is, bestendig aan die heilige rus van die Sabbat as die ware dag van die Here, wat Ek dit is, moet dink en moet op ‘n Sondag doen, wat aan julle opgedra is).

[1.13.26] En toe Adam vir die Engel sien, het hy saam met sy familielede groot geskrik, sodat hy nie kon praat nie en nie een enkele woord as verskoning kon uitbring nie en was van te groot skrik verlam; want nou eers het hy begin om te gewaar, wat hy en al sy familielede voor die aangesig van Jehova gedoen het.

[1.13.27] Toe het hy op sy aangesig voor die Engel van die Here neergeval en het geween en het begin om hardop vir genade te pleit; want die vlammende swaard het vir hom die oë oopgemaak, en hy het in die gruwellig van geregtigheid en straf die volle las en omvang van die onbeskryflike ongeluk, waarin hy homself en al sy familielede deur sy ligsinnigheid gedompel het, waargeneem.

[1.13.28] Maar die Engel het met toegebinde oë en toegestopte ore daar gestaan, soos die Liefde van die Vader dit vir hom beveel het, en het harder as al die donderslae vanuit die mag en krag van Jehova gepraat:

[1.13.29] “In die geregtigheid is daar geen genade en in die oordeel is daar geen vryheid nie; daarom vlug, gedryf deur die geregtigheid wat straf, sodat die oordeel van Jehova nie jou trae voete sal inhaal nie! Want die straf is die loon van geregtigheid. Wie dit aanneem, soos hy dit verdien het, kan nog op barmhartigheid reken; maar wie vir die geregtigheid en sy gevolge teenstand bied, is ‘n verraaier van die onaantasbare heiligheid van God en sal onder die oordeel geplaas word, waar daar geen vryheid meer is nie, maar daar net die ewige gevangenis in die toorn van die Godheid is.

[1.13.30] Daarom vlug en ween en pleit daar, waarheen jou voete jou sal dra; en wanneer hulle vir jou nie meer verder kan dra nie, bly daar, ween, pleit en bid, sodat jy en Eva en almal deur jou, nie ten gronde sal gaan nie!”

[1.13.31] En sien, toe staan Adam weer op en wou volgens die opdrag van God deur die Engel vlug; maar sien, hy kon nie, want sy voete was soos verlam. En hy het begin, om aan sy hele lyf te sidder en te bewe; want hy was deur die groot vrees vir die oordeel van God vermaan, waarmee die Engel van die Here vir hom gedreig het.

[1.13.32] Toe het Adam weer op sy aangesig neergeval en het baie hardop geween en geskreeu: “Here, Jy almagtige, groot God in Jou groot glorie en alle heiligheid, moet nie heeltemal die hart van jou onbeperkte liefde en barmhartigheid vir my swakkeling sluit nie, en gee vir my die nodige krag, sodat ek, die mees onwaardige, vir jou oordeel volgens Jou allerheiligste wil, aan wie al jou skepsels onderdanig is, soos ek, van kop tot tone, een is, kan vlug. Here, luister na my gepleit!”

[1.13.33] En sien, toe spreek die ewige Liefde deur die mond van die Engel, soos wat Ek nou deur jou onrein mond, na Ahbel praat:

[1.13.34] “Ahbel, kyk vir die Vader van jou liggaam; gryp hom onder die arms! En kyk vir sy vrou, Eva, die moeder van jou liggaam, wat in smart op die aarde lê, en tel haar op, sodat hulle altwee en al die ander deur jou versterk word om te vlug en die goeie, heilige Vader vreugde aan jou het, omdat jy aan die swak vader van jou liggaam, en so ook aan jou swak moeder, en so ook aan al jou broeders en susters, of hulle geseën is of nie, liefde betoon; want jou krag sal hulle versterk, en die volheid van seën in jou sal hulle verkwik! Neem dus die hand van kinderlike liefde en die hand van broederlike trou en lei hulle met geduld en liefde tot by die plek, wat Ek vir jou sal aanwys, daardeur dat julle almal uitgeput sal neerval!

Desktop Kommentaar