Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 13: Die verdrywing uit die Paradys

[1.13.1] En nou keer weer terug na Adam en na Eva, en sien, hoe hulle verdere liggaamlike lewens en die van hulle twee nasate voor die alsiende oë van die heiligheid van Jehova verloop het! En sien, na ‘n kort tyd, wat volgens julle berekening dertig aardomwentelings om die son beloop het, en wat julle ‘jare’ noem, het die paartjie in die kring van sy geseënde nasate gelewe, waarvan die aantal dieselfde was as die aantal jare, met uitsondering van Cahin, wat nie geseën was nie.

[1.13.2] En nou sien verder, wat daar gebeur het! Adam het op die dag van die Here, wat aan hom in sy hart deur die ewige Liefde Self en daarna veelvoudig deur die Engel as ‘n rusdag beveel was, ter gedagtenis aan die groot dade van die barmhartige Liefde en ter beskouing in eerbied die onmeetbare heiligheid van God, die goeie Vader, alleen ‘n entjie in die omgewing gaan stap, om die skoonheid van die natuur te geniet; en die wêreld was baie mooi vir hom, sodanig dat hy in sy gedagtes heeltemal van God vergeet het.

[1.13.3] En met hierdie beskouinge het hy aan die oewer van ‘n groot rivier gekom, waarvan die naam ‘Eheura’ of ‘Dink aan die tyd van Jehova!’ was - want dit was wat die sterk stroom uitgeroep het -; maar Adam, diep in gedagtes oor die wêreld, het dit nie opgemerk nie en het ook nie die betekenis van hierdie roepstem van die malende vloede van die rivier verstaan nie.

[1.13.4] En toe hy op die’ manier langs die oewer gestap het, het hy skielik met die linkervoet aan ‘n gewas wat eers bo die grond en dan in ‘n groot boom verstrengel was, vasgehaak, en hy het hard geval en het ‘n groot pyn aan sy lyf gevoel, wat vir hom ‘n nuwe ondervinding was; en hy was kwaad vir die gewas en het dit gevra, of dit dan nie sy meester ken nie.

[1.13.5] En die gewas het geantwoord: “Nee, ek ken jou nie!”

[1.13.6] Toe kyk Adam meer noukeurig vir die gewas en het dit nie herken nie. Toe vra hy weereens: “Wat is jou naam, en wat is jou geskiktheid?”

[1.13.7] En sien, ‘n wind het deur die blare gesuis, en die gesuis kon hy verstaan en het gesê: “Pluk die bessies van my takke, druk die sap uit, en drink daarvan, en my naam en my geskiktheid sal aan jou bekend word!”

[1.13.8] En sien, in die blindheid van sy wêreldgedagtes het Adam gedoen, wat die kronkelende gewas vir hom aangeraai het terwyl hy die dag van die Here vergeet het, en hy het van die bessies geneem en geëet, en hulle was baie soet; en hy was bly oor hierdie nuwe ontdekking en het oor die Engel gepruil, omdat hy nie ook vir hom hierdie aangenaam smaakende gewas uitgewys het nie.

[1.13.9] En hy het ‘n groot aantal van die bessies gepluk en huis toe geneem, waar hy aangekom het toe die son ondergegaan het.

[1.13.10] En Eva, begelei deur Cahin, het hom as die enigstes, wat die hele dag oor hom bekommerd was, ontmoet, omdat hulle nie geweet het, waarheen Adam gegaan het nie - want al die ander het dit wel geweet en was op die dag van die Here nie oor Adam, die vader van hul liggame bekommerd nie, aangesien hulle kinders van seën was en op hierdie dag hulle gedagtes met God en Sy ewige Liefde besig gehou het -, en het dus ‘n groot deel van sy las van hom af oorgeneem. En hy het vir hulle van hierdie nuwe ontdekking vertel; en Eva was tot ‘n groot mate bly daaroor en het met Cahin se hulp, met die bessies gedoen soos wat Adam gesê het.

[1.13.11] Toe neem Adam die uitgeperste sap en sê: “Laat ons dus sy naam en sy geskiktheid uitvind!”

[1.13.12] En sien, toe het hy in volle trekke van die sap gedrink en het dit dan vir Eva en vir Cahin en uiteindelik vir almal behalwe vir Ahbel gegee om te proe, want hy was nog nie teenwoordig nie, aangesien die vuur op die altaar, wat hy opgerig het, nog gebrand het, om ‘n offer aan die heiligheid en die liefde van Jehova te bring, wat vir die Here aangenaam was.

[1.13.13] En toe het Adam en Eva en almal, wat van die sap gedrink het bedwelmd geraak; en onder die’ invloed het Adam en Eva en almal uit Adam en Eva wild in die begeerte van die vlees ontbrand, en het saam met Adam en Eva ontug en hoerery gedryf, terwyl Ahbel by die altaar van Jehova gebid het.

[1.13.14] En toe hulle onder die invloed uitgehoer het en van God en die altyd vooraf aangewese en verskuldigde offer van hulle harte vergeet het, het die Engel met die vlammende swaard in sy regter hand eers aan Ahbel verskyn en het baie vriendelik vir hom gesê:

[1.13.15] “Jehova het ‘n groot welgevalle aan jou offer gehad, sodanig, dat Hy vir jou as redder van jou ouers en broers en susters uitverkies het, daarsonder hulle nou op die dag van die Here ten gronde sou gaan, aangesien hulle Hom vergeet het en hul gemoedere tot op die aarde laat sink het en kon nie deel hê in die seën nie, wat altyd op hierdie dag volgens die vasgestelde orde van bo, in alle ruimtes van die oneindigheid uitstroom!

[1.13.16] Daarom het ek sigbaar teruggekeer, vereers om jou offer in hierdie houer van die barmhartige genade, wat daar is die ewige Seun in die Vader, op te neem, en het dit voor Sy allerheiligste aangesig, die oogappel van die ewige Vader, geplaas, maar ook om die oortreders van die wet van liefde en die gebooie van die heilige genade te tugtig en om ‘n groot deel van die geskenke van hulle af weg te neem, en om hulle met blindheid te slaan en om hulle uit die Paradys te verdryf.

Desktop Kommentaar