Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

En My brood, wat met die heuning van My Liefde gesmeer is en met die melk van die ewige vrye lewe uit My deurdrenk is, en wat julle in die hoogste volheid van oormatigheid kan geniet, en wat nooit vir julle skade sal berokken nie, maar wat vir julle met alle mag en krag uit My vir ewig en reeds ook tydelik sal versterk en toerus, indien julle dit net wil aanneem. - Sien, kort na My allergrootste daad, wat daar die groot werk van verlossing vir julle is, was hierdie My brood nog baie duur, en die mense kon dit net as ‘n klein gawe nie anders, as net deur hulle bloed en liggaamlike lewe vir My te offer, koop nie, en hierdie My brood was baie bitter van smaak in die monde van die’ wat dit gekoop het en was nog nie met die heuning van liefde gesmeer en met die melk van die vrye lewe, ook reeds vir tydelik, nie deurdrenk nie, maar die heuning asook die melk was vir die droewige kopers eers in die ryk van die geeste, noukeurig geweeg, toegedeel; en tog was daar ‘n groot hoeveelheid kopers! – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 12, Paragraaf 2

Desktop Kommentaar