Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 12: Die belofte van God

[1.12.1] O julle kinders van Adam! Hoekom wil julle dan nie eerder My kinders word nie? O watter moeite en veeleisende werk kos dit julle dan nie, om met hande wat drup van sweet die brood van Adam te verdien, wat boonop nog met die kwyl van die slang besoedel is en met die gif van die adders deurdrenk is, sodat julle in julle onmatigheid die dood tydelik en ook vir ewig sal eet!

[1.12.2] En My brood, wat met die heuning van My Liefde gesmeer is en met die melk van die ewige vrye lewe uit My deurdrenk is, en wat julle in die hoogste volheid van oormatigheid kan geniet, en wat nooit vir julle skade sal berokken nie, maar wat vir julle met alle mag en krag uit My vir ewig en reeds ook tydelik sal versterk en toerus, indien julle dit net wil aanneem. - Sien, kort na My allergrootste daad, wat daar die groot werk van verlossing vir julle is, was hierdie My brood nog baie duur, en die mense kon dit net as ‘n klein gawe nie anders, as net deur hulle bloed en liggaamlike lewe vir My te offer, koop nie, en hierdie My brood was baie bitter van smaak in die monde van die’ wat dit gekoop het en was nog nie met die heuning van liefde gesmeer en met die melk van die vrye lewe, ook reeds vir tydelik, nie deurdrenk nie, maar die heuning asook die melk was vir die droewige kopers eers in die ryk van die geeste, noukeurig geweeg, toegedeel; en tog was daar ‘n groot hoeveelheid kopers!

Desktop Kommentaar