Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 11: Die geboorte van Cahin en Ahbel

[1.11.1] En sien, toe het die Liefde voor die oë van die’ wat geskep is, verdwyn, en het na die heilige skoot van die Vader teruggekeer.

[1.11.2] En nou sien, jy My lui en baie sleg huurling, wat nog baie hardhorend is; want Ek moet dan vir jou soos ‘n sub-A kind elke woord afsonderlik in die pen dikteer, en nog verstaan jy My nie en vra vir My dikwels twee-, drie-, vyf-, soms tot tien maal, en sien, getrou herhaal Ek altyd elke woord vir jou! Daarom moet jy meer oplettend wees, sodat dit vinniger gaan as tot nou toe; want die wêreld benodig binnekort die voltooiing van hierdie werk van My groot genade! Laat dit vir jou deur My, julle heilige Vader, wat in geheel en in sy volle wese Liefde is, gesê wees!

[1.11.3] En nou skryf verder! - En nou was die nuut geskape paartjie alleen op die wye aarde, en die beloofde Engel met die vlammende swaard in sy regter hand het verskyn; en toe hulle vir hom sien, het hulle groot geskrik, sodat hulle voor sy oë gevlug het en van groot vrees tot in al hul ingewande gebewe het.

[1.11.4] En nou sien, die vrees het die tyd van Eva bespoedig, en in pyn het sy die verbode vrug, wat die slang deur Adam se blindheid in haar geplaas het, afgelê.

[1.11.5] En Adam het na die naakte vrug gekyk en opgemerk, dat die vrug soortgelyk aan homself was, en was baie bly daaroor; en Eva het die vreugde van Adam waargeneem en druk toe met alle begeerte die vrug van haar liefde aan haar volle bors.

[1.11.6] En sien, toe ondervind sy ‘n soortgelyke steek in haar bors nes die steek deur die slang en plaas toe die vrug in groot angs en vaste oortuiging, dat sy weer gesondig het, op die aarde neer.

[1.11.7] Maar sien, toe het die groot Engel met sagte aangesig voor die angstige en vreesende paartjie verskyn en het toe vir hulle met ‘n vaste stem gesê:

[1.11.8] “Moet nie vir die kneg van Jehova, wat vir julle van bo af gestuur is, angstig en bang wees nie, want ek wil vir julle die aarde wys en vir julle oor die dwalinge van die wêreld inlig - en ook om vir julle en julle nageslag te tugtig, sou julle ooit van die weë van die ewige Liefde en die oneindige heiligheid van God, afwyk.

[1.11.9] Sien, hierdie vrug is nie meer vir julle ‘n sonde nie; maar dit is net die gevolg van die drievoudige ongehoorsaamheid teenoor God en is die dood van julle vlees, wat julle in selfsugtigheid deur julle begeerte van die vlees, verwek het. Julle mag nie hierdie vrug van julle af weggooi nie, maar moet dit volgens die wil van bo as getuienis oor julleself en julle nederigheid behou, sodat julle mettertyd sal ervaar, hoe deur julle die sonde en deur die sonde ook die dood in die wêreld gekom het; maar die vrug self moet julle ‘Cahin’, (Kain) of ‘Doodbringer’ noem!”

[1.11.10] Toe het die paartjie deur die boodskap van die bode van bo in hul angstige gemoedere rustig geword, en Eva het die vrug, wat op die aarde gelê het, met nog bewende hande opgetel en het op aandrang van Adam deur die Engel, vir die suigeling die volle bors gegee, om uit haar die lewe van die aarde te suig.

[1.11.11] En die Engel het toe aan die linkerkant van Adam gestaan, en Eva met die vrug op die regterarm het aan die regterkant van Adam gestaan, sodat haar hart van enige las vry was en voortaan na die mens op alle weë en paaie gekeer sal wees.

[1.11.12] En so het hulle voorbeeldig oor die hele aarde gewandel, om alle plekke te besigtig en woonplekke vir hulle toekomstige nageslagte op te rig en om vir hulle deur die mag en krag, wat aan hulle deur die groot genade en barmhartigheid van die Liefde verleen was, die brood te saai.

[1.11.13] Want die aarde en alles, wat daarop was, was onderdanig aan die wil van Adam, en die see en al die waters was selfs aan die kleinste wenk van Adam getrou gehoorsaam en was van die oppervlakte tot op die diepste bodem aan hom onderdanig en die see het met eerbied vir die voet van sy meester sy rug aangebied, om daarop na willekeur te kan wandel; en al die winde was onderdanig aan hom, en alle diere van die waters, die vaste land en die lug was gehoorsaam aan sy stem.

[1.11.14] En Adam was oor die’ innerlike krag verbaas en het gesien en erken, waarom die ewige Liefde vir hom sulke groot kragte verleen het, en was uitermate vrolik oor die genade van bo en sê toe vir Eva:

[1.11.15] “Eva, my vrou, sien, die Here van mag en krag het vir ons geseën; laat ons vir hom ons harte offer, sodat Sy seën op aarde volgens Sy groot belofte sal gedy en deur jou die nuwe inwoner van hierdie plek die lig van genade sal waarneem!”

[1.11.16] En Eva, vol nederigheid en innerlike vreugde, sê toe: “Adam, kyk vir jou maagd aan jou voete, wat op die teken van haar meester op aarde wag, en daar sal met haar volgens jou wil gebeur; neem my skuldige hart en offer dit vir die Here!”

[1.11.17] En Adam het in volle oorgawe aan die Here aan Eva gedoen, soos dit die Here vir hom beveel het.

[1.11.18] En sien, die seën het by Eva sigbaar geword, en Adam was baie bly daaroor, en ook Eva het in haarself ‘n groot vreugde ondervind. En nou luister, wat die Engel van Jehova vir die vrolike paartjie gesê het, en sy woorde was goed gepas soos woorde vanuit die hoogtes en soos woorde vanuit die dieptes, en dit was die ewige Liefde Self, wat deur die mond van die Engel gepraat het, en hierdie woorde uit die mond van die Engel was soos volg:

[1.11.19] “Adam! Jy het nou gedurende die ver reise op aarde baie geleer; die vaste lande en die waters het jy gesien, en ook wat daarop en daarin is, groei en beweeg; en het van die groot mammoet tot alle diere verder onder toe tot die kleinste van die kruipende wurmpies, gesien; en het die sterk haai en al die diere van die waters tot die inwoners van ‘n druppel gesien; en het ook al die voëls van die lug, vanaf die reusagtige arend tot by die kleinste blaarvoëltjie en van daar tot die kleinste muggie gesien; en jy het al hulle kragte, nuttigheid en geskiktheid getoets; en het ook daaruit herken, hoe die ewige Liefde in oorvloed vir jou en deur jou ook vir Eva gesorg het.

[1.11.20] Jy het met die berge gepraat, en hulle het vir jou geantwoord; en jy het die see gevra, en dit het vir jou geantwoord; en jy het jou stem na die diepte van die aarde gerig, en die antwoord het nie onderweë gebly nie, en jy het die toon van jou stem aan al die bome, struike, kruie en aan al die gras gerig, en hulle het vir jou hul name genoem en het met eerbied hulle geskiktheid aan jou verduidelik en daaruit die nuttigheid vir julle na willekeur; en so ook het al die diere, met wie jy met die stem van jou bors gepraat het, elkeen in sy soort ‘n hoorbare en volle antwoord vir jou gegee en vir jou aangedui, hoe hulle vir jou diens bestem is en blindelings aan jou wil onderdanig is; en die winde het vir jou geleer, hoe om vir hulle volgens jou wil te gebruik; en dit alles het ook Eva gesien, gehoor en gewaar.

[1.11.21] Sien nou, Adam, en ook jy, Eva, dit alles is nie vir jou van die ewige Liefde gegee soos die lewe en Eva nie, maar Haar groot genade het dit vir jou as geskenk gegee, en jy sal dit alles vir net so lank behou, soos wat jy volgens die wil van die heilige Vader ‘n wyse gebruik daarvan sal maak; maar een na die ander sal uit die gebied van jou groot mag verwyder word, wanneer jy jou gemoed nie altyd heel rein voor die aangesig van Jehova sal hou nie. Daarom wees wys, soos die groot, oorgoeie en oorheilige Vader daar bo oor al die skepping en daar onder in die diepte onder alle skepping, dit is!

[1.11.22] En soos jy volgens die wil van die heilige Vader en ook volgens jou eie wil nou is, moet wees en voortaan moet bly, so ook moet al jou nasate en al die nakomelinge van Eva, soos sy voor en onder jou oë dit is, wees.

[1.11.23] Maar wanneer iemand nie soos jy nou is, moet wees en voortaan moet bly nie, dan sal hy wel die gawe vir ‘n sekere tyd behou; maar die’ geskenk van die genade sal van hom af weggeneem word, sodra hy nie meer is, soos jy nou is, sal wees en voortaan moet bly nie. En selfs die nakomelinge van Eva sal vir hulle bo hulle hoofde verhef en sal aan hulle tot in murg en been ontrou word en sal agter die honde aanloop en sal van die uitskot van die slang eet en haar kinders sal aan die borste van die adders suig; en jou nasate sal deur hulle vergiftig word en sal ‘n bittere liggaamlike dood sterf en geestelik in skande en martelende smart sterf.

[1.11.24] En nou sien, jy Adam, en luister, jy Eva! Julle is nou nog in die Paradys, daar, waarheen die ewige Liefde vir julle voor en na julle sonde en voor en na die vernietiging geplaas het; maar wanneer julle julle ooit sal vergeet, om nie die wette van die Liefde en die gebooie van wysheid van die heilige Vader getrou na te kom nie, dan sal julle deur hierdie vlammende swaard uit hierdie mooi tuin verdryf word en sal nooit vir die volle tydperk van julle liggaamlike lewe weer kan terugkeer nie en voortaan tot die tyd van belofte, ook nie een van al julle nasate nie - en daarna eerste die kinders van verlossing en dan die daaruit voortspruitende nuwe skepping van die ewige Liefde.

[1.11.25] Dit onthou baie goed, jy Adam, en dink daaroor, ook jy Eva! Die vrug, wat uit jou sal voortgaan, Eva, daardie lewendige vrug moet jy, Adam, ‘Ahbel’ (Abel) noem en moet hom vir die Here van ewige heerlikheid offer; want sy naam beteken, ‘Seun van seën’ en moet wees die eerste voorbeeld van Hom, wat eendag in die groot tye van die tye in volmaaktheid van bo uit die skoot van mag en krag van die heiligheid van God sal kom.

[1.11.26] En nou, nadat ek vir julle volgens die volkome wil van die ewige Liefde gelei, alles gewys en gesê het, is my sendingstaak van die ewige Liefde in die Vader van alle heiligheid en goedheid voltooi, en ek moet vir julle sigbaar verlaat; maar onsigbaar sal ek vir julle stap vir stap volg en sal elkeen van julle treë, volgens die onveranderbare wil van Jehova, tel.

[1.11.27] En julle sal my, elke keer wanneer julle vir die Here van heerlikheid in alle nederigheid julle harte sal offer, te siene kry; en ek sal julle offer in ‘n houer plaas en sal dit na bo voor God dra en sal dit voor die aangesig van die Seun uitgooi, en dan sal die groot, heilige Vader ‘n welgevalle aan julle werke vind.

[1.11.28] Maar julle sal ook altyd vir my te sien kry, wanneer julle van die wet van liefde en van die gebooie van die heilige Vader sou of kan afwyk, soos julle my nou nog met die vlammende swaard in my regter hand sien, om vir julle uit die tuin te verdryf en om van jou, Adam, ‘n groot deel van die geskenke van die ewige Liefde uit Haar groot genade, weg te neem en om vir jou swak en angstig, vir die geringste geluid van die gras, te laat word.”

[1.11.29] En nou sien, jy blinde skrywer van hierdie My nuwe lewendige woord in jou soos ook in julle almal, en beskou vir Adam, soos hy nou in die Paradys ‘n volmaakte mens, tot op een, was en met watter vaardighede hy deur My toegerus was, ‘n volkome meester van die aarde; en al hierdie sy volmaakthede was net ‘n geskenk van My, en hy het dit tot die’ tyd behou, toe hy vir ‘n enkele keer van My vergeet het, nadat die Engel voor sy oë onsigbaar geword het.

[1.11.30] En nou sien, dit alles, wat Adam as geskenk besit het, wil Ek vir julle as blywende gawe gee en nog baie ander dinge sonder getal en oneindig groter dinge, as wat Ekself is, en alles, wat Myne is, moet ook julle s’n wees, indien julle My liefhet, en verder niks as net liefhet nie!

[1.11.31] Maar waar is julle liefde, waarvoor Ek so duur moes betaal het en vir ewig My eie wil noem?! O, dit is maar yl gesaai op hierdie aarde! Sy is dan so lig en sag, en julle wil haar nie hê nie en soek haar ook nie, waar sy vir julle wag nie, en versmaai die groot prys in haar!

Desktop Kommentaar