Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.1.7] Wie se liggaamlike oog blind is, vir hom is daar nog die sig van die gees oop; maar wie daar aan die gees blind geword het, bly vir ewig blind.

[1.1.8] Vir die dobbelaars sê, dat hulle eers hulle lewe en daarna ook alles, wat aan hulle daarvoor gegee was, verspeel. Want dobbel is ‘n put vol van giftige afval; die dobbelaars glo egter, dat dit ‘n verborge bron van goud is. Daarom woel hulle daagliks daarin, slurp die pesasem in die neusgate op, word deur en deur vergiftig en vind in plek van die vermeende goud, die ewige dood van die gees.

[1.1.9] Diegene, wie die skrif besit en dit nie lees nie, kan met iemand vergelyk word, wat langs ‘n put met skoon water staan en dors is, maar wat hy nie wil drink nie, hetsy uit ‘n sekere geestelike waterskuheid nes honde met hondsdolheid, wat in plek daarvan, om hul bekke in die water te druk om te genees eerder in harde klippe byt, om die brandende dors te les, of meestal as gevolg van ‘n sekere flou traagheid, laat hulle vir hulle liewers deur ‘n paar lui bediendes, uit die naaste poel, stinkende modderwater aandra om hulle dors te les, sodat hulle dan almal erg tot niet sal gaan.

[1.1.10] Maar vir die minnaars en minnaresse sê: Wie in die vlees wandel, wandel in die dood, en sy wellus sal binnekort na die kos van wurms omskep word. Net wie in die gees wandel, kom na die lig, die oerbron van alle lewe; sy aandeel sal vir ewig bly bestaan en vermeerder.

[1.1.11] Maar vir die klereprag- en modegekke sê in alle erns, dat hulle naak voor hulle regverdigste Regter sal staan. Die prag sal soos skuim vergaan; hulle heerssugtigheid en prag sal in die laagste slawerny omskep word, en hulle sal vir ewig vir hulle dwaasheid moet skaam wees. Is dan nie iemand ‘n groot dwaas, wat van voornemens is, om ‘n mishoop met goud oor te trek, maar die edelstene, in plek van in goud, in die vuilste mis te laat set nie?! O, dat daar tog nou so baie waansinniges in die wêreld is! Die lig hou hulle vir die duisternis, en die duisternis vir die lig!

[1.1.12] In die ooste staan reeds ‘n ster, wat vir Orion die baan sal breek, en die vuur van die groot hond sal hulle almal verteer; en Ek wil die sterre in groot hoeveelhede vanaf die hemel na die aarde slinger, sodat al die kwaaddoeners tot niet sal gaan en My lig op alle oorde sal skyn.

[1.1.13] Ek, Jehova, God van ewigheid, die waaragtige en getroue, vir die laaste waarskuwing. Amen.

[1.1.14] Jy, wat dit sleg neergeskryf het, dit geld eerstens vir jou, maar daarna vir al die ander. Amen. Dit sê die Eerste en die Laaste. Amen.

Desktop Kommentaar