Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.1.6] Vir die dansers en danseresse sê sonder vrees, dat hulle almal erg van die Satan mislei is. Hy gryp hulle almal by die voete en draai vinnig saam met hulle in ‘n warrelkring, sodat hulle daardeur deur en deur duiselig word en nie meer kan staan, nóg loop, nóg sit, nóg slaap, nóg rus, nóg hoor, nóg voel nóg ruik, nóg proe, nóg voel nie; want hulle is soos dooies, - daarom kan vir hulle nie gepreek nóg gehelp word nie. En sou hulle ook na My opkyk, dan sal dit met hulle gaan soos met iemand, wie deur ‘n sterk persoon by die voete gehouvas word en vinnig in die rondte gedraai word; sou hy ook na die hemel opkyk, sou hy nie ‘n son, maar net ‘n ligte streep sien, wat hom sou verblind, sodat hy dan sy oë sal sluit en hoegenaamd niks meer wil sien nie.

[1.1.7] Wie se liggaamlike oog blind is, vir hom is daar nog die sig van die gees oop; maar wie daar aan die gees blind geword het, bly vir ewig blind.

[1.1.8] Vir die dobbelaars sê, dat hulle eers hulle lewe en daarna ook alles, wat aan hulle daarvoor gegee was, verspeel. Want dobbel is ‘n put vol van giftige afval; die dobbelaars glo egter, dat dit ‘n verborge bron van goud is. Daarom woel hulle daagliks daarin, slurp die pesasem in die neusgate op, word deur en deur vergiftig en vind in plek van die vermeende goud, die ewige dood van die gees.

Desktop Kommentaar