Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.1.11] Maar vir die klereprag- en modegekke sê in alle erns, dat hulle naak voor hulle regverdigste Regter sal staan. Die prag sal soos skuim vergaan; hulle heerssugtigheid en prag sal in die laagste slawerny omskep word, en hulle sal vir ewig vir hulle dwaasheid moet skaam wees. Is dan nie iemand ‘n groot dwaas, wat van voornemens is, om ‘n mishoop met goud oor te trek, maar die edelstene, in plek van in goud, in die vuilste mis te laat set nie?! O, dat daar tog nou so baie waansinniges in die wêreld is! Die lig hou hulle vir die duisternis, en die duisternis vir die lig!

[1.1.12] In die ooste staan reeds ‘n ster, wat vir Orion die baan sal breek, en die vuur van die groot hond sal hulle almal verteer; en Ek wil die sterre in groot hoeveelhede vanaf die hemel na die aarde slinger, sodat al die kwaaddoeners tot niet sal gaan en My lig op alle oorde sal skyn.

[1.1.13] Ek, Jehova, God van ewigheid, die waaragtige en getroue, vir die laaste waarskuwing. Amen.

Desktop Kommentaar