Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[2.54.15] Sou mens wel die innerlike volmaaktheid kan bereik op wandelinge, in teaters, in die gesellige vriendekring of by ander wat se wêreldse sake dit dan ook is? O nee, uit al die wêreldse gedoe groei geen Corneliusse op nie, soos die Heer Self ook baie duidelik aangetoon het met `n gelykenis waarin Hy verskeie vriende vir `n gastemaal uitgenooi het, maar die vriende allerlei verontskuldiginge aanvoer waarom hulle geen gevolg aan die uitnodiging kon gee nie. Die een was druk besig met `n stel osse; `n ander met huweliksaangeleenthede; `n derde met die aankoop van `n stuk grond en sodoende kon niemand kom nie. Kyk, dit is wêreldse beslommernisse wat die vooruitgang van die gees verseker nie bespoedig nie. Hierdie mense is weliswaar baie respektabele vriende van die Heer, anders sou Hy hulle nie laat uitnooi het nie; slegs die tyd ontbreek hulle om te kom.

Desktop Kommentaar