Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Laat ons nou egter net `n blik werp op ons buitengewone verbaasde geselskap. Die prior wend hom tot die Heer en sê: O, eindeloos heilige en liefdevolle Vader, by u heilige wil, wat beteken dit nou? Is dit suiwer allersaligste engelegeeste, of is dit alles maar `n verskyningsvorm? Want dit is tog byna nie te glo, terwyl die mense op aarde so buitengewoon sleg is, dat U allerhoogste hemele al so bevolk kan wees. Want op aarde het ons by monde van vroom mense, wat reeds `n suiwer gees besit, te wete gekom dat slegs bitter weiniges in hierdie allerhoogste hemel kom; ietwat meer in die twee onderste hemele, maar baie in die sogenaamde suiweringsoord, en selfs buitengewoon baie - o Heer, behoed ons daarteen - in die hel! – Die Geestelike Son, Boek 2, Hoofstuk 2, Paragraaf 7

Desktop Kommentaar