Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Dit wil nie sê dat die aardse mens dit vanuit die planete kry nie; die mens het dit alles van oorsprong in korrekte mate in homself en kan dit dus ook in homself opwek en op die regte manier gebruik. Wanneer die mens hom egter te fanatiek op een of ander gebied werp, dan oorskry hy die mate van invloed van so 'n planeet, omdat hy die invloedsfeer van die planeet wat hy in homself dra, teveel laat oorheers en hom heeltemal daaraan oorgee. Juis deur die opwekking van sy besondere passie, maak hy ongehinderd die weg vry vir die wisselwerking tussen beide die polariteite, dit wat nie moeilik te begryp is vir diegene wat van my eerste uitleg oor die oorsaak van sien nie, en kan onthou dat niemand iets kan sien wat nie in homself aanwesig is nie. Om juis die rede moet sulke geeste die reis deur die planete maak en in `n sekere sin langs die wetenskaplike ervaringsweg die vreemdsoortige weer daar deponeer, waarvandaan hulle dit gehaal het. – Die Geestelike Son, Boek 2, Hoofstuk 122, Paragraaf 9

Desktop Kommentaar