Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Van daar af gaan hierdie leraars nog nie regstreeks met hulle leerlinge na die hemel nie, maar hulle begewe hulle in die geestelike sfeer van die planeet Mercurius, waar hoëre leraars reeds aanwesig is. Van Mercurius gaan hulle dan na Venus en dan vir `n groter verdeemoediging van Venus na Mars. Vir diegene wat op Mars nog nie die korrekte graad van verdeemoediging sy eie gemaak het nie, word daar dan nog `n kort uitstappie deur die vier - deur julle genoemde klein planete gemaak. Die wat op Mars al `n hoë graad van deemoed hulle eie gemaak het, word dadelik in die hoëre sfeer van Jupiter geplaas. Eers vanuit Jupiter gaan mens oor na die buitengewone heerlike Saturnus, van daaruit na Uranus en ten slotte na die reeds bekende laaste planeet met die naam Miron (Neptunus), maar vanselfsprekend, oral maar net in die geestelike sfeer van hierdie planete. – Die Geestelike Son, Boek 2, Hoofstuk 122, Paragraaf 4

Desktop Kommentaar