Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[2.111.11] Neem byvoorbeeld `n skrynwerker wat `n kis moet vervaardig. Daarvoor het hy gereedskap nodig wat aan julle bekend is. Hy werk vlytig en sal binne enkele dae sy kis klaar hê. Daarvoor was veral die drang wat hom tot sy ywer aangesit het, die rede. Waarom was hy dan so vlytig en het hy gevolg gegee aan sy innerlike drang? Omdat hy die kis so gou moontlik vir gebruik voltooi wou hê. Verdere vraag: Waar kom hierdie drang vandaan, waar lê sy oorsprong? Hierdie drang is afkomstig van die skeppende vermoë van die gees. Hoe dan wel? Die gees dra die eienskap in homself om dit wat hy in sy gedagtes geskape het, ook dadelik as objek te wil realiseer.

Desktop Kommentaar