Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Die Heer op die wonderbare weë van Sy liefde

[2.1.1] Kyk, daar voor ons lê alweer die welbekende heuwelland met sy klein, lieflike huisies. Maar hierdie keer verskyn hulle in `n nog helderder lig as die vorige kere. Die rede daarvoor is dat die liefde vir die Heer van hierdie drie, besonder magtig en sterk is.

[2.1.2] Kyk hoe die Heer in Sy groot eenvoud self hierdie drie al die wonderlike heerlikhede van die vernaamste middaghemel uitlê en hulle laat sien, wie al die salige bewoners van hierdie streek is en waar hulle vandaan kom. Op aarde sou so 'n verklaring verseker `n baie ketterse indruk op ons prior (kloosterhoof) gemaak het, omdat hierdie besonder mooi en eindelose ver uitgestrekte hemelse landstreek byna slegs deur Protestante bewoon word. Nou staan egter alles vir hom in `n baie ander lig en by alles wat die Heer sê kan hy Sy oneindige goedheid, liefde en ontferming nie genoeg loof en prys nie.

[2.1.3] Ons het by hierdie geleentheid ook weer by ons welbekende rivier aangekom en die Heer hou daar ewe stil en sê vir die prior (kloosterhoof) en dus ook vir sy vrou en vir die lekebroer: Kyk, hier lê die grens tussen môre en middag. Hier aan My sy kan jy beide landstreke sien lê, maar hulle wat hier woon, kan dit nog nie sien nie. Hulle kan slegs die streek sien wat deur hulle bewoon word, maar wel in groot helderheid. Die omgewing van die môre kan hulle egter slegs aanskou as `n rooiagtige skynsel, wat vanaf `n verafgeleë, baie hoë gebergte op hulle neerstraal. Omdat jy nou beide streke sien, sê My dan net in watter streek dink jy woon Ek nou?

[2.1.4] Die prior (kloosterhoof) kyk `n bietjie rond en sien aan die linkeroewer van die rivier `n groot stad lê. Hy sê: O liefdevolste Vader, daar aan die rivier, wat seker vol lewende water is, sal wel U hemelse Jerusalem lê waaroor geskrywe staan dat dit die stad van die lewende God is. Daarom sit ek seker nie die pot te ver mis as ek sê dat U in hierdie heilige stad woon, want so iets onsegbaar verhewe soos hierdie heilige stad hier, kan `n geskape engelegees hom tog in alle ewigheid nie voorstel nie.

[2.1.5] Die Heer sê: My liewe seun, vriend en broeder, jy het nie so verkeerd geraai nie, want in sodanige stede, wie se aantal langs hierdie eindelose lang rivier oneindig is, bly Ek by bepaalde geleenthede graag oor. Maar heeltemal tuis is Ek geensins daar nie, behalwe in die son wat jy sien, waardeur Ek wel in alle hemele op dieselfde wyse tuis is. Daarom mag jy verder raai.

[2.1.6] Die prior sê: Dan sal U, o Heer en liefdevolste Vader, miskien wel in een van die groot wonderpaleise tuis wees en wel sigbaar soos nou, want U het immers self gespreek oor `n groot huis in die hemele waarin baie woninge sou wees. Omdat daar in so 'n groot paleis, wat nouliks te oorsien is, tog seker baie woninge sal wees, is U dan miskien tuis in die allergrootste van die eindelose baie?

[2.1.7] Die Heer sê: Ek sê jou, My liewe seun, broeder en vriend, ook nou is jy baie naby, want waarlik, net soos in die stede, kom Ek ook by belangrike geleenthede persoonlik in hierdie groot woonhuise, en verskyn wesenlik. Maar vir tydsduur en uitsonderlikheid is Ek ook in hierdie groot woonhuise nie anders aanwesig as in die stede nie; daarom mag jy nogeens daaroor nadink.

[2.1.8] Die prior sê: O, heilige, liefdevolste Vader, nou gaan daar vir my `n lig op! Aangesien U op aarde veral so liefdevol en vertroulik na die kleinste en onbelangrike gegaan het, sal U miskien ook hier U woning dáár hê waar op die verste heuwels die klein, lieflike huisies ons so gasvry toelag. Omdat hierdie huisies egter almal volkome na mekaar lyk, is dit vir my moeilik om uit die baie huisies presies die korrekte aan te wys en om die eerste en die beste te neem, lyk my teenoor U, o Heer, ietwat onagsaam en onwaardig.

[2.1.9] Die Heer sê: My seun, broeder en vriend, hier is dit raak met jou "miskien" want kyk, hier kan jy kies wat jy maar wil, dit is altyd die goeie. Weet jy trouens dat jy My op aarde miskien eens gedra het? Kan jy My nou ook sê hoe, wanneer en waar?

[2.1.10] Die prior sê: O Heer, ek kan my die "miskien" herinner en wag nou met groot en salige verlange na die onthulling daarvan. Wat betref die dra deur my van U allerheiligste wese op aarde, daaronder kan seker niks anders verstaan word as dat ek U in die vorm van brood en wyn in my hande gedra het nie. Dit lyk my wat die drie aanduidings, die hoe, wanneer en waar, duidelik sigbaar is. Anders sou ek oor die dra van U tog niks waardevol na vore kan bring nie.

[2.1.11] Die Heer sê: My liewe seun, broeder en vriend, kyk na die stad en na die rivier; die verbeelde brood en wyn; soos Ek in die stad tuis is in wat My oerwesenlik kenmerk, so is Ek ook in jou brood en wyn. Kyk, daarom is daar nog een probleempie met die dra en het jy die betekenis van die vraag nie begryp nie, want op hierdie manier het jy My nie gedra nie en daarom moet jy die hoe, wanneer en waar êrens anders soek.

Desktop Kommentaar