Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Julle bedenkings is in dié opsig weliswaar korrek, maar om aan julle uit te lê hoe hierdie eenvoud van die geestelike son saamhang met die pragtige heerlikhede van die hemel, daarvoor is die tyd nog nie ryp nie, omdat ons eers die basis moet leer ken. As julle tot nou toe slegs eendagsvliegies gesien het, dan doen dit niks afbreuk aan die hoofsaak nie, want die resultaat sal wel aantoon hoe dit gesteld is met die eenvoud van hierdie geestelike son wat ons nou gesien het. Hou dit in die oog en oordink dit by julleself. In die volgende hoofstuk sal ons hierdie eenvoud met heel ander oë bekyk, daarom nou genoeg vir vandag.” – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 4, Paragraaf 14

Desktop Kommentaar