Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[1.4.12] O liewe mense, dan is julle voorstellings van die hele geestelike wêreld nog baie power. Het julle dan nie uit die gegewe voorbeelde begryp, dat al die uiterlike, in al sy verdeeldheid, hom ten slotte in die eenwording moet uiter nie? Julle het dit gesien by die voorbeeld van die boom, by die poleer van `n edelmetaal stafie, by die vervaardiging van glas, by die bou van `n huis en ten slotte oortuigend by die bekyk van `n uurwerk.

[1.4.13] As dit by die oorgang na die geestelike, daarom sou gegaan het om dit nog meer te verstrooi as wat dit al verstrooid is in die uiterlike natuur, hoe sou `n mens dan `n ewige duur en `n ewig lewe vir homself moet voorstel?! So moet alles egter immers volgens die waaragtige, innerlike, lewende ordening in die geestelike verenig, om daardeur vir ewig sterk, magtig en duursaam lewend te word. Nou sê julle: Dit is duidelik, volkome juis en waar, maar desondanks het ons tog by so menige geleentheid hoor spreek oor die groot heerlikhede van die hemelse geestelike wêreld. Daarom weet ons nou nie goed, waaraan ons eintlik toe is nie. Ons kan weliswaar teen die, tot nou toe gesiene eenvoudige heerlikheid van die geestelike son, in wese niks inbring nie, maar dit kom vir ons, volgens ons vroeëre begrippe van `n hemelse wêreld, net voor soos `n mooi somerdag, waarop ons in die lug `n swerm sogenaamde eendagsvliegies in die sonstrale bont deurmekaar sien swewe, terwyl geeneen van hulle vir ons kan uitlê waarvandaan hulle kom nie, waarnatoe hulle gaan en waarom hulle nou eintlik die sonstraal deurdronge lug in alle moontlike rigtings deurkruis nie.

[1.4.14] Julle bedenkings is in dié opsig weliswaar korrek, maar om aan julle uit te lê hoe hierdie eenvoud van die geestelike son saamhang met die pragtige heerlikhede van die hemel, daarvoor is die tyd nog nie ryp nie, omdat ons eers die basis moet leer ken. As julle tot nou toe slegs eendagsvliegies gesien het, dan doen dit niks afbreuk aan die hoofsaak nie, want die resultaat sal wel aantoon hoe dit gesteld is met die eenvoud van hierdie geestelike son wat ons nou gesien het. Hou dit in die oog en oordink dit by julleself. In die volgende hoofstuk sal ons hierdie eenvoud met heel ander oë bekyk, daarom nou genoeg vir vandag.”

Desktop Kommentaar