Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Julle vra en sê: “Ja, dit is wel goed om die fakkel met die liefdesvonkie aan te steek, maar van waar gaan haal ons dit?” “Daarop kan Ek julle werklik niks anders sê, as dat ons dit juis daar gaan haal, waar dit eintlik te haal is. Dit sou tog belaglik wees as ons met die hele, baie vurige son nie in staat sou wees om die pit van die fakkel aan te steek nie?! Want onder die liefdesvonkie verstaan ek nou juis die son, wat ons nou in heel haar lengte, dikte en breedte in ons hande hou. En as julle in staat is om met behulp van `n vergrootglas, wat die grootte van `n muntstuk is, `n stuk swam met die sonstrale aan te steek, terwyl hierdie son in natuurlike opsig tog meer as so `n 22 miljoen myl ver weg staan, dan sal die nou heel nabystaande son sekerlik ook in staat wees om die pit van ons fakkel aan te steek. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 4, Paragraaf 1

Desktop Kommentaar