Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[1.3.2] As julle `n uurwerk bekyk, sien julle aan dié klein tydmetende instrument suiwer gekultiveerde materie. Julle sien `n goedberekende meganisme wat so gemaak is dat `n dryfrat met sy tande in die tande van `n ander rat gryp. Julle sien hoe die hele tandwieldryfwerk deur middel van `n, na verhouding, sterk ketting verbind is met die elastiese veer wat die hele meganisme deur die krag wat in haar woon, doelmatig in beweging stel. As ons die hele werk nog nader bekyk, dan ontdek ons nog `n klomp ratjies en assies. Alles is berekend en het sy doel.

[1.3.3] As ons die binnewerk goed bekyk het, dan kan ons die uiterlike vorm in oënskou neem. Wat sien ons daar? `n Vlak wyserplaat met `n paar heel eenvoudige wysers daarop. Wat doen hierdie wysers op die eenvoudige wyserplaat? Soos julle weet, gee hulle die ure van die dag en die nag aan en meet sodoende die tyd. Die tyd wat deur hierdie wysers gemeet word, is tog sekerlik iets alomvoutend en is ook iets alles deurdringend en is ook die sentrum van alles, waarheen julle ook maar wil kyk. Niemand kan sê: Ek is aan die einde van die tyd, of: Die tyd het met my niks te doen nie, of: Die tyd omgeef my nie. Want so dikwels as wat iemand iets doen, doen hy dit midde in die tyd. Waarom dan? Omdat hy deur die tyd altyd deurdring en oral in gelyke mate omgewe word. Dit laat ons uurwerk ook sien. In die sentrum van die wyserplaat is die wysers aangebring en hulle beskryf met hulle uiteindes noukeurig `n sirkel. Omdat hulle hulleself egter vanuit die sentrum tot aan die omskrewe buitenste sirkel ononderbroke as tasbare materie uitstrek, beskryf hulle vanuit dié sentrum `n tallose hoeveelheid steeds groter wordende sirkels. Daarom is dit ook duidelik en begryplik dat hierdie sirkelgang uitgaan van die sentrum van die assie waaraan die wysers bevestig is en bygevolg die hele wyserplaat beslaan, en ten slotte deur die tyd wat hulle meet as`t ware omvou word in `n eindelose groot sirkel.

Desktop Kommentaar