Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Nou het ons ons doel volkome met hierdie voorbeeld bereik. Ons bevind ons daarom ook al op die geestelike son, sonder dat julle nog kan vermoed of insien hoe en op welke manier. Maar Ek sê vir julle: Gaan maar net vlugtig die gegewe voorbeelde na en julle sal, om te begin by die bewerking van die bome, tot en met die uurwerk, maklik ontdek dat ons juis met hierdie voorbeelde as`t ware ‘incognito’ (in verskuilde persoonlikheid) heel vrolik rondloop op die geestelike son, terwyl julle nog steeds wag om daarop te kom. Ons is al op die wyserplaat en hoef dus nie meer langs die spil omhoog te klim nie.” – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 3, Paragraaf 12

Desktop Kommentaar