Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Waarmee kom dan die tweede wiel ooreen, wat dieselfde beweging maak en wat deur middel van `n ketting met die veerwiel verbind is? Dié wiel kom ooreen met die wysheid, wat haar lewe uit die liefde ontvang en dus ook in die nouste verbinding daarmee staan. Waarmee kom die sentrale hoofspilwiel ooreen? Met die ewige ordening, wat uit die vooraf genoemde twee wiele duidelik na vore kom en waardeur die hele meganisme in al sy dele so ingerig word, dat alles hulle ten slotte moet skik vir die bereiking van die hoofdoel, wat vanuit die liefde en die wysheid juis in hierdie ordening tot uiting kom. Kyk, nou het ons reeds die geheel. Die spilwiel is gevind en heet ordening. Langs hierdie spil sal ons dus ook omhoog klim en die groot, uiteindelike bestemming van die dinge aanskou, soos dit tot uiting kom, presies in ooreenstemming met die ewige liefde, wysheid en die uit beide voortkomende orde. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 3, Paragraaf 11

Desktop Kommentaar