Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[1.2.8] Daarom sal ons die volkome voltooide gebou eers aanskou in die geestelike son, waarin dit alles in mekaar sal gryp en hom in oorgrote heerlikheid as `n geheel sal voordoen.

[1.2.9] Julle sien nou, hoe dié alledaagse voorbeeld `n heerlike evangelie bevat en die innerlike beskouer `n orde ontsluit, waarvan geen sterfling ooit gedroom het nie. Met dié voorbeeld wil Ek julle attent maak op iets, dat die geestelike baie nader kom, en wel in die besonder by die son self.

[1.2.10] Julle het die verskillende inrigtings van die hele son met alles wat op en in haar is, nou bekyk. Sy is stellig van `n eindelose en byna onbeskryflike verskeidenheid. Hoe uiter hierdie sekerlik gedenkwaardige inrigting van die son homself egter ten slotte?

[1.2.11] Elke blik wat julle op die son rig, gee julle die antwoord: Naamlik deur `n algehele buitengewoon intensiewe lig en stralekrans.

[1.2.12] Kyk hoe die byna oneindig veelvoudige hom daar verenig en aldus een gewordene deurwerk tot in byna eindelose vertes in die ruimte. Dit is nie nodig om die tallose weldadige uitwerkinge van die sonlig aan te toon nie, want elke dag op julle klein aardbol beskryf en besing dit reeds veelvoudig. Sou die son sonder hierdie ligbundeling, met al haar tallose dele wat haar omgewe, ook sulke wonderbaarlike uitwerkings hê? O, sekerlik nie! Vra dit maar net aan `n egte donker nag en sy sal julle letterlik sê en toon, waartoe `n son sonder lig sou dien. Maar ons hoef nie alleen met dié, nog steeds krasse voorbeeld genoeë te neem nie, want daar is nog een wat baie beter is.

[1.2.13] Sodat julle daarby egter meer oortuig moet insien hoe elke ding ons nader by die doel kan bring, wanneer ons dit maar vanuit die korrekte standpunt bekyk, sal julle self vir die volgende voorbeeld die eerste die beste en dus ook allerbeste stof kies en ons sal dan sien in hoeverre dit wel vir ons saak te gebruik is, al dan nie. Ek dink egter dat dit vir julle taamlik moeilik sou wees om in die opsig `n onbruikbare stof te kies, want wat is daar geleë aan die vorm van `n gevinde brok erts? In die smeltoond daarmee, en die regte hittegraad sal hom wel sy korrekte bestemming gee! Soek julle daarom ook nie moeisaam na een of ander stof nie, want soos Ek al vir julle gesê het: Ek kan, netsoos iemand wat onbeholpe beweeg, alles baie goed gebruik! En so laat ons dit vir vandag hierby.”

Desktop Kommentaar