Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[1.2.4] Nou het ons die ruwe materiaal in die omgewing alreeds gekultiveer. Daar kom die boumeester ook al en lê sy bouplan uit. Die grond word uitgegrawe, die messelaars en hulle handlangers is druk besig en ons sien hoe die ruwe materie onder die hande van die bouers die vorm aanneem van `n geordende gebou. Langsamerhand groei die statige huis bo die grond uit en bereik die voorafbepaalde hoogte. Nou spring die timmermans aan die werk en binne `n kort tydjie is die gebou volledig van dakbedekking voorsien. By hierdie geleentheid het ons vroeëre hope ru materiaal ook totaal verdwyn. Ons sien nog net `n deel van die sand en `n deel van die gebluste kalk, maar daar word nou begin met die sogenaamde pleisterwerk en die afwerking van die huis. Hiermee verdwyn ook nog die twee laastes van die materiaal. Kyk, die huis is nou heeltemal afgewerk, van buite, sowel as van binne. Nou kom daar nog `n aantal ambagsmanne vir die kleiner werk: `n Timmerman, `n slotmaker, dan nog `n verwer, `n oondbouer en nog iemand wat die vloere lê. Hierdie ambagsmanne is nog `n ruk besig en dan staan die huis daar en dwing as te ware eerbied af.

[1.2.5] As julle nou net julle gevoelens vergelyk, te begin by die sien van die ruwe materiaal, tot by die voltooiing van die statige gebou, dan sal julle tog sekerlik `n baie groot verskil daarin ontdek. Waardeur word die verskil egter teweeggebring? Ek sê vir julle: Deur niks anders as deur die doelmatige en goeie ordening en die eenword van die geskeide ruwe materie tot `n geheel. Toe julle aanvanklik tussen die hope ruwe materie rondgeloop het, was dit vir julle onbehaaglik in julle gemoed en julle gevoelens het chaoties deurmekaar gewoel. Toe julle gesien het dat die ruwe materie deur die vuur en deur die werktuie van die timmermans meer georden en bruikbaar gemaak was, het julle al behaagliker gevoel, want julle het nou reeds die moontlikheid gesien dat daar `n huis uit sulke geordende materie kan ontstaan. Maar nog steeds kon julle vir julleself geen volledige voorstelling van die huis maak nie.”

[1.2.6] Toe julle die boumeester die bouplan sien uitlê, voel julle in `n sekere sin al aangenaam verras, want julle kon toe al sê: "Haai, kyk net, dit word `n manjifieke gebou!" Maar toe julle dit gesien het, nadat dit, op die afwerking na, voltooi was, het julle na die voltooiing daarvan verlang. En toe die gebou heeltemal klaar was, bekyk julle dit met groot genoeë en toe julle in die mooi en sierlike vertrekke van die huis rondgelei was, was julle hoogs verbaas en gesê: Wie het gedink dat so-iets uit die voorheen nog heeltemal ruwe materie kon ontstaan?

[1.2.7] Kyk, so is dit ook gesteld met alles wat ons tot nou toe in die natuurlike son gesien het. Dit is ruwe brokke materie, wat in hierdie toestand, sonder samehang of verband verskyn. Wanneer iemand die bewoners van die son en al hulle werke afsonderlik beskou, kan hy geen samehang en geen onderlinge verhouding daarin ontdek nie. Eers in die geestelike word hierdie nog heeltemal ruwe brokke meer en meer georden. Uit die ordening kan dan afgelei word, vir welke hoër bestemming hulle dan wel bestaan, aangesien die innerlike van almal na een en dieselfde wese verwys, waarin hulle uiteindelike en volledige ordening eers tot `n volkome geheel kan word.

[1.2.8] Daarom sal ons die volkome voltooide gebou eers aanskou in die geestelike son, waarin dit alles in mekaar sal gryp en hom in oorgrote heerlikheid as `n geheel sal voordoen.

[1.2.9] Julle sien nou, hoe dié alledaagse voorbeeld `n heerlike evangelie bevat en die innerlike beskouer `n orde ontsluit, waarvan geen sterfling ooit gedroom het nie. Met dié voorbeeld wil Ek julle attent maak op iets, dat die geestelike baie nader kom, en wel in die besonder by die son self.

[1.2.10] Julle het die verskillende inrigtings van die hele son met alles wat op en in haar is, nou bekyk. Sy is stellig van `n eindelose en byna onbeskryflike verskeidenheid. Hoe uiter hierdie sekerlik gedenkwaardige inrigting van die son homself egter ten slotte?

[1.2.11] Elke blik wat julle op die son rig, gee julle die antwoord: Naamlik deur `n algehele buitengewoon intensiewe lig en stralekrans.

[1.2.12] Kyk hoe die byna oneindig veelvoudige hom daar verenig en aldus een gewordene deurwerk tot in byna eindelose vertes in die ruimte. Dit is nie nodig om die tallose weldadige uitwerkinge van die sonlig aan te toon nie, want elke dag op julle klein aardbol beskryf en besing dit reeds veelvoudig. Sou die son sonder hierdie ligbundeling, met al haar tallose dele wat haar omgewe, ook sulke wonderbaarlike uitwerkings hê? O, sekerlik nie! Vra dit maar net aan `n egte donker nag en sy sal julle letterlik sê en toon, waartoe `n son sonder lig sou dien. Maar ons hoef nie alleen met dié, nog steeds krasse voorbeeld genoeë te neem nie, want daar is nog een wat baie beter is.

[1.2.13] Sodat julle daarby egter meer oortuig moet insien hoe elke ding ons nader by die doel kan bring, wanneer ons dit maar vanuit die korrekte standpunt bekyk, sal julle self vir die volgende voorbeeld die eerste die beste en dus ook allerbeste stof kies en ons sal dan sien in hoeverre dit wel vir ons saak te gebruik is, al dan nie. Ek dink egter dat dit vir julle taamlik moeilik sou wees om in die opsig `n onbruikbare stof te kies, want wat is daar geleë aan die vorm van `n gevinde brok erts? In die smeltoond daarmee, en die regte hittegraad sal hom wel sy korrekte bestemming gee! Soek julle daarom ook nie moeisaam na een of ander stof nie, want soos Ek al vir julle gesê het: Ek kan, netsoos iemand wat onbeholpe beweeg, alles baie goed gebruik! En so laat ons dit vir vandag hierby.”

Desktop Kommentaar