Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Wat moet nou daar gebeur? Steenbakkers gaan met die klei aan die werk. Die los klei word natgemaak en dan flink geknie. As dit flink geheg en taai genoeg is, dan word dit tot die welbekende stene gevorm. Sodat die kleideeltjies in die stene hulle nog inniger en duursamer met mekaar kan verbind, word elke steen nog in die vuur gebak, waardeur hy met die verkryging van die groter stewigheid gewoonlik ook die welbekende kleur kry. Wat gebeur nou met die kalksteen? Kyk, daar verder op word al verskeie oonde gebou waarin die kalksteen gebrand word. Wat daar met die gebrande kalk gebeur, weet julle tog seker goed? Laat ons verder kyk. Timmermans ontferm hulle oor die boomstamme en bewerk hulle ten behoewe van die bou. Die smede raak met die hoop erts besig, smelt dit, haal die bruikbare yster daaruit en bewerk dit tot allerlei benodigdhede vir die bou. Verder sien julle hoe ander die kieselstene fynstamp en maal en op die reeds bekende wyse tot suiwer glas verwerk. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 2, Paragraaf 3

Desktop Kommentaar