Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Stel `n woonhuis vir jou voor. Waarvan word dit eintlik gebou? Soos julle weet, gewoonlik uit heel ruwe, vormlose brokke materie. Hierdie materie kom in hierdie, as`t ware selfsugtig op homself staande, toestand oral voor. Dit is die klei waarvan die bakstene gemaak word, netsoos `n bepaalde soort klip waaruit kalk gebrand word, vervolgens sand en nog onbewerkte hout. Ons bring nou die ruwe materiaal op die een of ander terrein bymekaar. Hier lê `n hoop klei, daar `n hoop kalksteen, verder `n chaotiese hoeveelheid bome, wat egter nog nie bewerk is nie, en nog `n groot hoop sand. `n Bietjie verderop bevind hom `n kleiner hoop ru ystererts, weer `n bietjie verderop `n hoop kieselstene, en nie ver daarvandaan nie, `n groot plas water. Kyk, daar het ons genoegsaam ruwe materiaal vir `n huis bymekaar. Maar sê net, wie van julle is so skerpsiende dat hy in al hierdie ruwe hope materie `n goedgeordende, statige huis kan sien? Dit alles lyk tog netso min soos `n huis, as wat `n vlieg soos `n olifant of soos `n vuis op `n mens se oog lyk. En tog is dit alles bestem vir die bou van `n statige huis. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 2, Paragraaf 2

Desktop Kommentaar