Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[1.2.12] Kyk hoe die byna oneindig veelvoudige hom daar verenig en aldus een gewordene deurwerk tot in byna eindelose vertes in die ruimte. Dit is nie nodig om die tallose weldadige uitwerkinge van die sonlig aan te toon nie, want elke dag op julle klein aardbol beskryf en besing dit reeds veelvoudig. Sou die son sonder hierdie ligbundeling, met al haar tallose dele wat haar omgewe, ook sulke wonderbaarlike uitwerkings hê? O, sekerlik nie! Vra dit maar net aan `n egte donker nag en sy sal julle letterlik sê en toon, waartoe `n son sonder lig sou dien. Maar ons hoef nie alleen met dié, nog steeds krasse voorbeeld genoeë te neem nie, want daar is nog een wat baie beter is.

[1.2.13] Sodat julle daarby egter meer oortuig moet insien hoe elke ding ons nader by die doel kan bring, wanneer ons dit maar vanuit die korrekte standpunt bekyk, sal julle self vir die volgende voorbeeld die eerste die beste en dus ook allerbeste stof kies en ons sal dan sien in hoeverre dit wel vir ons saak te gebruik is, al dan nie. Ek dink egter dat dit vir julle taamlik moeilik sou wees om in die opsig `n onbruikbare stof te kies, want wat is daar geleë aan die vorm van `n gevinde brok erts? In die smeltoond daarmee, en die regte hittegraad sal hom wel sy korrekte bestemming gee! Soek julle daarom ook nie moeisaam na een of ander stof nie, want soos Ek al vir julle gesê het: Ek kan, netsoos iemand wat onbeholpe beweeg, alles baie goed gebruik! En so laat ons dit vir vandag hierby.”

Desktop Kommentaar