Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Kyk hoe die byna oneindig veelvoudige hom daar verenig en aldus een gewordene deurwerk tot in byna eindelose vertes in die ruimte. Dit is nie nodig om die tallose weldadige uitwerkinge van die sonlig aan te toon nie, want elke dag op julle klein aardbol beskryf en besing dit reeds veelvoudig. Sou die son sonder hierdie ligbundeling, met al haar tallose dele wat haar omgewe, ook sulke wonderbaarlike uitwerkings hê? O, sekerlik nie! Vra dit maar net aan `n egte donker nag en sy sal julle letterlik sê en toon, waartoe `n son sonder lig sou dien. Maar ons hoef nie alleen met dié, nog steeds krasse voorbeeld genoeë te neem nie, want daar is nog een wat baie beter is. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 2, Paragraaf 12

Desktop Kommentaar