Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Die hele natuur, `n evangelie van God se ordening

[1.2.1] Nadat Ek dit al so menigmaal vir julle gesê het, sê Ek dit nogeens opnuut vir julle: “Die hele natuur en ook elke uiteindelike daad, van diere sowel as, heel in die besonder, van mense, kan `n evangelie aan hom, en deur sy verhoudings die wonderbaarlikste dinge van My ewige ordening toon en openbaar. Ja, mens hoef volstrek nie die een of ander vir `n vergelykende voorbeeld te soek nie. Julle kan `n willekeurige voor die hand liggende, nog so onbeduidende ding neem, die sal sekerlik daardie evangelie in hom dra wat ter verheldering van watter geestelike toestand dan ook so volkome deugdelik is, asof dit van ewigheid af uitsluitlik vir dié doel geskape was. Ek het dus gesê dat ons nog enkele voorbeelde nodig het om daardeur volledig tot die geestelike son te kan opstyg. Daarom wil ons ook nie kieskeurig wees nie, maar die eerste en beste voorbeeld neem.

[1.2.2] Stel `n woonhuis vir jou voor. Waarvan word dit eintlik gebou? Soos julle weet, gewoonlik uit heel ruwe, vormlose brokke materie. Hierdie materie kom in hierdie, as`t ware selfsugtig op homself staande, toestand oral voor. Dit is die klei waarvan die bakstene gemaak word, netsoos `n bepaalde soort klip waaruit kalk gebrand word, vervolgens sand en nog onbewerkte hout. Ons bring nou die ruwe materiaal op die een of ander terrein bymekaar. Hier lê `n hoop klei, daar `n hoop kalksteen, verder `n chaotiese hoeveelheid bome, wat egter nog nie bewerk is nie, en nog `n groot hoop sand. `n Bietjie verderop bevind hom `n kleiner hoop ru ystererts, weer `n bietjie verderop `n hoop kieselstene, en nie ver daarvandaan nie, `n groot plas water. Kyk, daar het ons genoegsaam ruwe materiaal vir `n huis bymekaar. Maar sê net, wie van julle is so skerpsiende dat hy in al hierdie ruwe hope materie `n goedgeordende, statige huis kan sien? Dit alles lyk tog netso min soos `n huis, as wat `n vlieg soos `n olifant of soos `n vuis op `n mens se oog lyk. En tog is dit alles bestem vir die bou van `n statige huis.

Desktop Kommentaar