Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

As daar nou teen die klok geslaan word, dan word die slag deur die inwendige fluïdum, wat `n baie elastiese en rekbare geestelike substraat is, waargeneem as iets wat sy rus verstoor. Daardeur gaan die hele geestelike fluïdum oor in `n strewe na vryheid, wat hom dan uiter deur `n aanhoudende galm. Word die uiterlike materie van die klok oorgeblaas met `n ander stof, wat nie met sulke maklike prikkelbare geestelike vermoë deurtrek is nie, dan word die vibrasies van die prikkelbare geestelike vermoëns, of beter gesê, hulle strewe na vryheid, spoedig gedemp. So `n klok sal dan baie gou ophou om te klink. Is die klok egter nie oorgeblaas nie, dan weergalm die geluid nog lank. As sy bowendien nog van buite omgewe word deur `n uiters gevoelige substansie, byvoorbeeld deur suiwer elektries gelaaide lug, dan word die klank daardeur nog versterk en brei hom ver in so `n saamtrillende substansie uit. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 1, Paragraaf 8

Desktop Kommentaar