Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Die uiterlike materiële wêreld in al haar dele is (stem ooreen met) die ruwe kiesel. Die opdeling daarvan is die vorm gee aan die verskillende wesens. Die was van die kieselstof is die suiwering of trapsgewyse opstyging tot hoër potensies van die geeste in die materie. Die droging beteken die vrymaking of die veilig stel van die geeste in `n eenheid, wat al by die mens tot uitdrukking kom. Die souting is die gee van die barmhartigheidslig aan die gees in die mens. Die uiteindelike samesmelting deur die hitte van die vuur in die smeltkroes is die eenwording van die geeste, onder mekaar, sowel as met die vuur van My liefde. Want soos die materie in die smeltkroes nie kan saamsmelt, voordat hulle nie dieselfde warmtegraad as die van die vuur in hulleself opgeneem het nie, kan ook die geeste onderling nie vooraf eensgesind en dus vir ewig verdraagsaam word, voordat hulle deur My liefde of wel deur Myself, volkome deurdring word nie. So staan daar ook in die Skrif: “Wees volmaak soos u Vader in die hemel volmaak is” (Matthéus 5:48). En wederom staan daar: “Sodat julle een kan word soos wat Ek en U een is” (Johannes 17). Kyk, hieruit sal die voorbeeld tog sekerlik duidelik word. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 1, Paragraaf 20

Desktop Kommentaar