Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[1.1.19] Wat wil dié werk met ander woorde sê? Die selfsugtige geeste word in `n sekere sin deur die materie vermorsel, sodat hulle volkome vanmekaar geskei is. In hierdie geskeide toestand word hulle dan gewas of beter gesê, gesuiwer. Is hulle gesuiwer, dan word hulle eers gedroog, `n toestand wat ooreenkom met sekerheid. In so `n toestand word hulle eers met die sout van die wysheid gesout, en ten slotte, so voorbereid, in die vuur van My liefde verenig. Begryp julle dié voorbeeld? Julle begryp dit nog nie heeltemal nie. Wel, Ek sal dit vir julle nog nader toelig.

[1.1.20] Die uiterlike materiële wêreld in al haar dele is (stem ooreen met) die ruwe kiesel. Die opdeling daarvan is die vorm gee aan die verskillende wesens. Die was van die kieselstof is die suiwering of trapsgewyse opstyging tot hoër potensies van die geeste in die materie. Die droging beteken die vrymaking of die veilig stel van die geeste in `n eenheid, wat al by die mens tot uitdrukking kom. Die souting is die gee van die barmhartigheidslig aan die gees in die mens. Die uiteindelike samesmelting deur die hitte van die vuur in die smeltkroes is die eenwording van die geeste, onder mekaar, sowel as met die vuur van My liefde. Want soos die materie in die smeltkroes nie kan saamsmelt, voordat hulle nie dieselfde warmtegraad as die van die vuur in hulleself opgeneem het nie, kan ook die geeste onderling nie vooraf eensgesind en dus vir ewig verdraagsaam word, voordat hulle deur My liefde of wel deur Myself, volkome deurdring word nie. So staan daar ook in die Skrif: “Wees volmaak soos u Vader in die hemel volmaak is” (Matthéus 5:48). En wederom staan daar: “Sodat julle een kan word soos wat Ek en U een is” (Johannes 17). Kyk, hieruit sal die voorbeeld tog sekerlik duidelik word.

[1.1.21] Waardeur kom die eenwording van die glas egter vervolgens tot uitdrukking? Deurdat alle dele nou die straal van die son op een en dieselfde manier opneem en deur en deur verlig word, dus heeltemal van lig versadig is. Tog kan hulle die opgeneemde lig geheel ongehinderd deur hulle heen laat gaan. Kyk, so leer die vensterglas julle reeds, hoe die hemelse verhoudings geaard is en tewens leer dit julle ook om die geestelike son op `n beduidende hoër trap te beskou. Ons sal ons egter nog nie met dié voorbeeld tevrede stel nie, maar by `n volgende geleentheid nog enkele dinge aanhaal, waardeur ons dan op die maklikste manier heeltemal tot die geestelike son self kan opstyg om onuitspreeklike heerlikhede daar te aanskou!

Desktop Kommentaar