Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

Wat wil dié werk met ander woorde sê? Die selfsugtige geeste word in `n sekere sin deur die materie vermorsel, sodat hulle volkome vanmekaar geskei is. In hierdie geskeide toestand word hulle dan gewas of beter gesê, gesuiwer. Is hulle gesuiwer, dan word hulle eers gedroog, `n toestand wat ooreenkom met sekerheid. In so `n toestand word hulle eers met die sout van die wysheid gesout, en ten slotte, so voorbereid, in die vuur van My liefde verenig. Begryp julle dié voorbeeld? Julle begryp dit nog nie heeltemal nie. Wel, Ek sal dit vir julle nog nader toelig. – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 1, Paragraaf 19

Desktop Kommentaar