[1.1.13] Die geestelike son is dus die mees inwendige van die son en is `n genadevonk uit My. Dan deurdring die geestelike, die hele materie van die son, kragtig werkend, en ten slotte is dit ook dit wat die hele wese van die son omvou. Dit alles bymekaar geneem is dus die geestelike son. Hierdie son is die eintlike son, want die sigbare, materiële son is slegs `n liggaam van die geestelike son, wat afhanklik is van die geestelike son, en wat weldadig op haar inwerk,. Dié liggaam is in al sy dele so gevorm, dat die geestelike homself in en deur homself kan uiter en juis daardeur weer in sy totaliteit volkome inmekaar gryp. [1.1.14] Wie dus die geestelike son wil beskou, moet eers haar uiterlike verskyningsvorm bekyk en daarby oordink dat dit alles, in al sy besonderhede, sowel as in die geheel, van die geestelike son deurdring en omgewe is, dan sal hy daardeur reeds `n vae voorstelling van die geestelike son kry.
|