Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[1.1.12] `n Nog sprekende voorbeeld vir julle is die uitstraling van elke mens, netsoos van ander wesens; dit is egter die duidelikste by somnambule (wat in `n magnetiese slaap verkeer – of slaapwandelaar). Oor welke afstand `n magnetiseur en `n somnambule lyer, wat deur hom behandel word, oor en weer berigte kan deurgee, sal verskeie van julle wel aan die lyf ondervind het. Sou die gees nou slegs `n inwendige en nie tewens `n deurdringende wese gewees het nie, dan sou daar hoegenaamd geen sogenaamde magnetisering moontlike gewees het nie; en as die gees ook nie tewens, die alomvoutende en die allesbeheersende was nie, sê net, hoe sou daar dan kontak op `n afstand moontlik gewees het tussen `n magnetiseur en `n somnambule lyer? Ek dink dat ons genoeg voorbeelde het waaruit ons kan aflei waar, hoe en op welke manier die geestelike oral, dus sekerlik ook in, deur en by die son tot uiting kom.

[1.1.13] Die geestelike son is dus die mees inwendige van die son en is `n genadevonk uit My. Dan deurdring die geestelike, die hele materie van die son, kragtig werkend, en ten slotte is dit ook dit wat die hele wese van die son omvou. Dit alles bymekaar geneem is dus die geestelike son. Hierdie son is die eintlike son, want die sigbare, materiële son is slegs `n liggaam van die geestelike son, wat afhanklik is van die geestelike son, en wat weldadig op haar inwerk,. Dié liggaam is in al sy dele so gevorm, dat die geestelike homself in en deur homself kan uiter en juis daardeur weer in sy totaliteit volkome inmekaar gryp.

Desktop Kommentaar