Help

jakob-lorber.cc

Die Geestelike Son

[1.1.11] Ter verduideliking sal ons nog `n paar kort voorbeelde gee. Bekyk net `n slag `n elektriese geleier of `n elektriese fles.* As so `n geleier of so `n elektriese fles met die elektrisiteit van `n gevryfde glasplaat gelaai word, dan deurdring sy die hele materie en is dan ook haar inwendige, en tegelyk haar deurdringende element. As julle `n soortgelyke geleier of fles begin te nader, dan sal julle spoedig deur `n sagte waai en trek merk dat die fluïdum die hele materie van die geleier of fles omvou het.

[1.1.12] `n Nog sprekende voorbeeld vir julle is die uitstraling van elke mens, netsoos van ander wesens; dit is egter die duidelikste by somnambule (wat in `n magnetiese slaap verkeer – of slaapwandelaar). Oor welke afstand `n magnetiseur en `n somnambule lyer, wat deur hom behandel word, oor en weer berigte kan deurgee, sal verskeie van julle wel aan die lyf ondervind het. Sou die gees nou slegs `n inwendige en nie tewens `n deurdringende wese gewees het nie, dan sou daar hoegenaamd geen sogenaamde magnetisering moontlike gewees het nie; en as die gees ook nie tewens, die alomvoutende en die allesbeheersende was nie, sê net, hoe sou daar dan kontak op `n afstand moontlik gewees het tussen `n magnetiseur en `n somnambule lyer? Ek dink dat ons genoeg voorbeelde het waaruit ons kan aflei waar, hoe en op welke manier die geestelike oral, dus sekerlik ook in, deur en by die son tot uiting kom.

Desktop Kommentaar