Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[8.26.6] Die eenheidsryk van die éen God kan ewig bestaan, omdat slegs Hy alleen die enigste Koning en Heer daarvan is, soos dit ook wel geskrywe staan in die boeke van die profete, wat uit die mond van God geprofeteer het: “God sal Sy heerlikheid aan niemand anders gee nie” (Jesaja 42:8). Want alleen Ek, die Messias, is die enige God! Mense, engele, heerskappye en magte, ja alle dinge in die hemel en op alle aardes (planete) het altyd voor My gebuig en sal ook in ewigheid alleen voor My buig en nooit voor iemand anders nie, soos die kosmiese skeppingsruimtes, wat alles in julle oë so eindeloos lyk, deur die éen oneindige skeppingsruimte verslind word en daarmee vergeleke totaal verwaarloos lyk.

[8.26.7] Wanneer onder die Naam Vader, Seun en Heilige Gees net één op Haarself staande God, die één oerwese, verstaan sou moet word, en mens in plaas daarvan een van die Vader onderskeie Seun en eweso `n onderskeie Heilige Gees sou moet aanneem - wat se God sou die Vader dan moet wees?

[8.26.8] Wanneer, volgens die boeke van die profete, wat die mense deur hulle growwe, deur hul selfveroorsaakte onverstand nie begryp nie, die Vader die Seun met alle mag en heerskappy in die hemel en op alle aardes en wêrelde beklee en Hom die Heilige Gees as medewerker gegee het om die nuwe leer uit die hemele, wat julle nou gegee is, te wy en te bewaak, waaroor slegs die Seun, wat Ek is, die leiding het, soos ook oor alle ander dinge, dan vra Ek julle: Wat se God dink julle dan dat die Vader is? Kan julle eintlik wel nog `n God in Hom sien?

[8.26.9] En sou julle daar in julle materieel-menslike blindheid nog een kan voorstel, dan sou julle Hom onteenseglik as oorbodig en passief moet voorstel, aangesien julle tog duidelik moet insien dat Hy onder dergelike omstandighede niks meer tot stand sal kan bring en ook oor niks meer sou kan regeer nie. Julle sou julle op die duistere menslike manier wel moet voorstel dat God die Vader wel vanweë Sy hoë leeftyd, net soos die ou koning Farao in Egipte, wat die regering aan Josef oorgedra het, nou eweso vanweë Sy swakheid en vermoeidheid Sy regering vir ewig aan die Seun oorgedra het, om so geheel werkloos Sy rus te kan geniet!

[8.26.10] Kan julle wel vir julleself voorstel dat die Vader oud geword het, en dat Hy Sy werk nou wil neerlê, omdat Hy nou behalwe Homself, `n Seun het, in alle opsigte ewe almagtig as Hy, en verder nog `n ewe almagtige Heilige Gees het wat Hy uit Homself en Sy Seun laat ontstaan het, en dat Hy nou aan beide die hele regering wil oordra, terwyl Hyself aftree?

[8.26.11] O, hoe buitengewoon heidens dom, onnosel en blind sou die menslike verstand moet wees, om tot so `n dergelike waansin te verval!

[8.26.12] As daar `n Seun en `n Heilige Gees bestaan wat te onderskei is van die Vader en buite Hom bestaan, soos ook dit by engele en mense die geval is, dan kan julle niks anders wees as Sy skepsele nie, omdat hulle hul wese, al is dit hoe volmaak, nie uit hulself as gevolg van hulle hoogs eie en ewige magsvolkomendheid gekry het nie, maar alleen van die een Skepper.

[8.26.13] Hoe kan daar egter `n volledige, goddelike verwantskap of `n wesenlike eenheid bestaan tussen `n gees sónder liggaam en vorm, en `n gees mét liggaam en vorm? Kan van die Seun, wat `n liggaamlike persoon is en, soos ook julle sien, `n liggaam het, gesê word dat Hy in die Vader is, wanneer die Vader geen liggaam, geen gestalte en geen vorm het nie? Of kan die liggaams-, gestalte- en vormlose oneindige Vader in die Seun wees?

[8.26.14] Bowendien: wanneer die Heilige Gees, `n van die Vader en die Seun uitgaande, derde, op sigself staande persoon is, hoe kan die persoon dan dieselfde eienskappe as beide hê en netso ewig wees? Of kan dit wat sy bestaan van `n ander ontvang, gelyk wees aan dit wat sy bestaan ewig uit homself het? Kan die ewigheid ooit gelyk wees aan die altyd vlugtige tyd, of `n beperkte ruimte aan die oneindigheid?

[8.26.15] Ook al kan mens aanneem dat alle tye van die tyd in die ewigheid vervat is, beweeg en verander, dan kan mens egter onmoontlik dink en beweer dat die tyd, hoe lank dit ookal duur, die ewigheid omvat; soos wat mens ook wel kan dink en beweer dat die eindelose oerruimte alle ruimtes, wat hoe groot ookal, ten slotte tog begrens is, seker wel kan bevat, maar hierdie laaste onmoontlik die oerruimte kan bevat.

[8.26.16] Wanneer die Heilige Gees dus werklik soos ook `n ander skepsel as `n op sigself staande wese sou uitgaan van die Vader en die Seun, dan sou hy klaarblyklik `n God van die tyd en nie van die ewigheid wees nie! Een so `n dergelike God sou dan egter, soos ook al die tydelike, mettertyd kan ophou om te bestaan! Maar as dit so sou wees, wie sou dan aan alle mense en engele `n ewige bestaan kan gee en dit in stand hou?!

[8.26.17] Sodat hierdie hoogs belangrike saak egter nog helderder en duideliker vir julle word, gaan ons nog verder op die onderwerp in en julle luister na My!”

Desktop Kommentaar