Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die Heer praat oor die betekenis van Sy dade

(Evangelie Johannes 5: 28-39)

[6.3.1] Toe het baie groot oë gemaak en het begin om hulle baie oor My woorde te verbaas. Sommiges het gemeen dat dit `n weergalose godslastering was.

[6.3.2] ANDER, daarenteen, sê: “Nee, waarlik, daar moet iets waar daarin wees; want so het `n mens nog nooit van homself gepraat nie!” (Johannes 5:28)

[6.3.3] Maar EK sê aan hulle: “Want die uur kom waarin almal, selfs hulle wat in die grafte is (hiermee word die heidene bedoel, iets wat die Judeërs nie verstaan het nie), My stem sal hoor en sal opstaan, julle wat die goeie gedoen het tot die ware opstanding van die lewe, - maar hulle wat die bose gedoen het, tot die opstanding van die oordeel, wat die ware dood van die siel is.” (Johannes 5:29)

[6.3.4] Toe het daar ander weer begin om te murmureer en ander het weer gesê: “Die man oordoen dit en begin nou werklik behoorlik onnadenkend te praat! Hy praat van Homself immers so asof Hy en God een en dieselfde sou wees!? Wie het so-iets ooit gehoor?!”

[6.3.5] Maar EK sê: “Julle vergis julle baie as julle so oor My oordeel; want Ek kan as mens ook niks uit Myself doen nie. Ek hoor egter altyd die stem van die Vader in My en soos wat Ek dit hoor, so handel, spreek en oordeel Ek, en My oordeel is dan waar, omdat Ek nie My menslike wil nie, maar net die wil van My Vader uitvoer wat My in hierdie wêreld gestuur het. (Johannes 5:30) As Ek as mens oor Myself sou getuig, sou die getuienis van My onwaar wees (Johannes 5:31); maar dit is `n Ander, wat julle nie ken en nog nooit geken het nie, wat deur My dade, wat reeds alombekend is, oor My getuig, en daarom weet Ek maar al te seker dat die getuienis wat Hy My steeds gee, volkome waar is. (Johannes 5:32)

[6.3.6] Julle het mense na Johannes die Doper gestuur en vasgestel dat hy van die waarheid getuig. (Johannes 5:33) Maar Ek aanvaar, soos wat julle sien, geen getuienis van mense nie, want Ek getuig van Myself vanuit die Vader, en dit doen Ek sodat julle almal waarlik salig sal word. (Johannes 5:34) Waarom geval dit julle dan nie?”

[6.3.7] Toe sê sommiges: “As, soos wat jy self sê, Johannes van die waarheid getuig het, dan was sy getuienis tog alreeds goed en voldoende; waartoe dien jou afsonderlike getuienis dan nou nog?! Want ons kan immers tog alreeds in elk geval volgens die getuienis van Johannes salig word.”

[6.3.8] EK sê: “Johannes was wel `n brandende en helder skynende lig; maar julle het hom maar net opgesoek omdat julle net by sy lig wou vrolik wees.” (Johannes 5:35) “Ek het egter `n groter getuienis oor Myself as die getuienis van Johannes; want die werke wat My Vader My opgedra het om persoonlik uit te voer, hierdie werke dus, wat Ek net doen voor die oë van die hele wêreld, getuig volledig volgens waarheid dat die Vader My as Sy Seun na julle gestuur het. (Johannes 5:36-38)

[6.3.9] “En juis hierdie Vader, wat My nou na julle toe gestuur het, het reeds lank deur die mond van die profete van My getuig, hoewel geeneen van julle ooit Sy stem gehoor en Sy gestalte gesien het nie. (Johannes 5:37: Matthéüs 3:17) Julle het weliswaar Sy woord uit die geskrifte van die profete verneem, maar nie aanvaar nie, want julle glo Hom nie wat Hy na julle gestuur het.

[6.3.10] Soek dit self op in die Skrif, waarvan julle sê dat julle ewige lewe daarin te vind is! En kyk, juis die Skrif getuig honderd - en duisendvoudig van My! (Johannes 5:39)

[6.3.11] Wat het julle teen My? Is dit dan nie waar dat Ek sonder enige uiterlike vertoon na julle kom, om julle nie kleinmoedig en moedeloos en vreesagtig te maak nie?! Het EliJaH, toe hy in die gees was, dus ook nie geestelik `n voorspelling oor My koms ontvang nie, JaHWeH soms in die stormwind, of in die vuur verby sien gaan toe hy in die grot verborge was nie? Nee, in `n sagte ritseling het JaHWeH verbygegaan! En kyk, dit vind nou hier in julle teenwoordigheid plaas! Waarom wil julle dit dan nie glo nie? Is My werke, wat Ek reeds ten aanskoue van duisende en nogmaals duisende getuies gedoen het, dan nie die waaragtigste getuienis daarvan nie? Het iemand dan ooit sulke dade op die wêreld verrig?”

Desktop Kommentaar