Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Kyk eers uit die oop raam uit, dan sien jy juis die Regulus in die Groot Leeu! Kyk, dit is nou die sentrale oerson in hierdie hulssfeer! Haar groot afstand wat nie van hier af te bereken is nie, het haar saamgedruk tot `n punt. Hoeveel van sulke Regulusse sou jy jou nou wel naas mekaar kon voorstel? Ek sê jou: `n enorme aantal, - soos wat jou gees homself ook daar naas die Groot wêreldmens in die eindelose ruimte nog `n aantal begin voorstel het! En met sulke suiwer goddelike moontlikhede in jou gees toegerus, sê jy dat `n mens nog minder as niks sou wees nie?! Ja, jou liggaam as materie is natuurlik niks; daarom moet die groot en onsterflike mens ook nie vir sy tydelike en materiële niks sorg nie, maar vir sy geestelike alles, dan sal hy in die vervolg nooit kan sê dat hy minder as niks is nie, maar in en met My alles in alles! – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 247, Paragraaf 8

Desktop Kommentaar