Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Ek sê: 'Wel, het jou gees hom nie met die van Myne bo alle byna eindelose groot hulssfere en uiteindelik selfs nog eindeloos ver bo die hele Groot Mens verhef nie?! Het jy nie saam met My die byna eindelose groot hulssfere soos flou skemerende puntjies gesien en selfs ook die hele Groot Mens nie?! En het jy jou nie met My eindeloos ver buite die vel van die groot wêreldmens in die vrye ruimte na buite verhef nie, sodat selfs die hele Groot Mens in die geestelike beeld van jou gedagte nouliks vir jou so groot voorgekom het soos `n wasige mier?! As jy My egter in jou gees in die eindelose skeppingsdiepte kan volg, en wel so, dat dit vir jou uiteindelik gewoonweg niks sal word nie, hoe kan jy dan sê dat jy en ook `n ander mens heeltemal niks is in vergelyking met die eindelose groot skepping nie?! – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 247, Paragraaf 7

Desktop Kommentaar