Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Die Fariseër sê heeltemal oorbluf: 'Heer, Heer, almagtige, ewige God, volgens u maar al te duidelike voorstelling is daar vir die verdoemdes in die hel maar ontsettend weinig hoop op saligheid; want die eindelose tydruimtes sonder tal en sonder maat, is immers dieselfde as die ewigheid as sodanig! Ag, dit is tye waaraan tot op hede nog geen mens ook maar in die verste verte gedink het nie! Hoe word `n mens daarby nie oneindig klein nie! O God, waarom is U dan so oneindig groot, wys en magtig en is ons mense so ontsettend nietig, dom en swak?! Heer, helaas, nou oorval `n groot angs my vir U, omdat U in U Gees te ewig, te eindeloos groot, te wys en te almagtig is! En dit is vir my nou die aller onbegryplikste, hoe U in U hele goddelike volheid in die baie beperkte liggaam van `n mens na ons toe op hierdie nietige aarde kon gekom het!' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 247, Paragraaf 1

Desktop Kommentaar