Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.246.7] Waarom word die liggaam van `n ouer geworde mens langsaam maar seker steeds swakker? Omdat bepaalde vesels en senuwees geleidelik aan afsterwe en nie meer werk nie, - wat die veroudering en swakker word van die liggaam veroorsaak. En daarby kan die mens tog nog talle jare deur bly lewe sonder dat hy iets aan geestelike krag sal inboet, veral as hy steeds volgens die wil van God geleef het. En so sal dit ook eendag met die groot wêreldmens die geval wees. Ook al sal daar in hom al eons hulssfere opgelos het, dan sal hy daarom tog nog vir julle begrippe eindeloos lank kan voortbestaan, want die hulssfeer in hom is dit, wat by julle vesels en senuwees is.

[6.246.8] Nou hierdie, aan julle voorgestelde groot wêreldmens, is in die algemeenste sin van die woord wat julle vroeër oor die voorgestelde verlore seun gehoor het, en nou op sy terugkeer, en die Vader wat hom tegemoet kom is Ek, nou as mens by julle, en Ek neem hom in elke mens wat volgens My leer leef, weer in My Vaderhuis op.

Desktop Kommentaar