Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.245.9] Toe sê die Skrifgeleerde, die Romein en Lasarus: 'Heer, ons word duiselig van hierdie meer as verskriklike grootte van U skepping! Kan `n engel dit wel ooit oorsien en die waarheid daarvan bevat?'

[6.245.10] Ek sê: 'Baie seker, want anders was dit geen engel nie! Maar laat jou duiseligheid maar vaar, want dit word nog erger; want nou het Ek julle nog maar nouliks `n stippeltjie van die grootte van My skepping laat sien!

[6.245.11] Ons het by die groot huls as gemeenskaplike omhulling van al die tallose talle al-alle bly staan. Hoe die omhulling tot stand gekom het, het Ek julle al kortliks aangedui. Maar waarom was hulle gevorm?

Desktop Kommentaar